Beleidsrede
Ons begryp dat mense se sensitiwiteit met betrekking tot grafiese en gewelddadige prente verskil. Om gebruikers teen sulke inhoud te beskerm, verwyder ons die mees grafiese inhoud en plaas ons waarskuwingsetikette by ander tipe inhoud sodat mense daarvan bewus is dat dit sensitief van aard kan wees voordat hulle daarop klik. Ons beperk jonger gebruikers se vermoë om inhoud te sien wat dalk nie geskik of ouderdomstoepaslik vir hulle is nie. Daardeur probeer ons ’n gepaste gebruikerservaring bied terwyl ons steeds ruimte laat vir ons gebruikers om hulself uit te druk.
Ons is bewus daarvan dat gebruikers moontlik inhoud kan deel om lig te werp op dade soos misbruik van menseregte of gewapende konflik en om dit te veroordeel. Ons beleide neem dit in ag wanneer inhoud in hierdie konteks gedeel word en laat dienooreenkomstig ruimte vir gesprekke en bewusmaking.
Ons bied vir betaalde advertensiesbykomende beskerming. Inhoud wat as sensitief beskou word, mag byvoorbeeld nie in advertensies gebruik word nie. Ons verbied ook dat advertensies foto’s of prente en video’s bevat wat skokkend, grusaam of andersins sensasioneel is. Raadpleeg asseblief ons Reklamestandaarde vir meer inligting.
Moenie die volgende plaas nie:
Prente van mense
Video’s van mense, lewend of afgestorwe, in niemediese kontekste wat die volgende uitbeeld:
Ledemaatverwydering.
Sigbare ingewande, soos ontblote organe, bene of spierweefsel by lewende of afgestorwe mense;
Brandende of verkoolde mense; of
Keelafsnyery.
Regstreekse stroming van teregstellings.
Sadistiese opmerkings
Sadistiese opmerkings is kommentaar – soos onderskrifte of opmerkings – wat blydskap of genot uitspreek oor die lyding of vernedering van mense of diere.
Ons verwyder
Sadistiese opmerkings oor prente (video’s en stilprente) wat andersins onder hierdie beleid ’n waarskuwingskerm kry wat mense inlig dat die inhoud ontstellend kan wees; tensy die prente dade van selfverdediging uitbeeld (bv. ’n video van iemand wat hulself teen gewapende roof verdedig), of as dit in ’n mediese konteks is (bv. ’n prent van mediese kundiges wat ’n operasie uitvoer).
Eksplisiete sadistiese opmerkings oor prente wat die lyding van diere uitbeeld, en prente wat diere uitbeeld wat lewe en dan doodgaan.
Die aanbied of versoek van foto’s of prente wat uitgevee is of onder hierdie beleid ’n waarskuwingskerm kry, wanneer dit met sadistiese opmerkings gepaard gaan.
Vir die volgende inhoud sluit ons ’n waarskuwingskerm in sodat mense bewus is dat die inhoud dalk ontstellend kan wees. Ons beperk ook die vermoë om die inhoud te bekyk tot volwassenes van 18 jaar oud en ouer:
Prente van mense
Video’s van mense, lewend of afgestorwe, in mediese kontekste wat die volgende uitbeeld:
Ledemaatverwydering.
Sigbare ingewande, soos ontblote organe, bene of spierweefsel by lewende of afgestorwe mense;
Brandende of verkoolde mense, insluitende in die konteks van verassing; of
Keelafsnyery.
Stilprente van mense, lewend of afgestorwe, wat die volgende uitbeeld:
Ledemaatverwydering.
Sigbare ingewande, soos ontblote organe, bene of spierweefsel by lewende of afgestorwe mense;
Brandende of verkoolde mense; of
Keelafsnyery.
Prente (video’s sowel as stilprente) wat die gewelddadige dood van ’n persoon uitbeeld (insluitende die oomblik van hulle dood of die resultaat daarvan) of ’n persoon wat ’n lewensgevaarlike voorval beleef (soos om deur ’n kar raakgery te word, baie ver te val of ’n ander potensieel dodelike fisiese besering op te doen).
Prente wat ’n persoon se teregstelling uitbeeld (uitsluitende regstreekse strome).
Prente wat onmenslike dade teenoor ’n mens of ’n groep mense uitbeeld (bv. dade van geweld of dodelike bedreigings teenoor mense wat met geweld aangehou word).
Prente wat niemediese vreemde voorwerpe (soos messe, spykers of ander metaalvoorwerpe) uitbeeld wat die vel deurboor.
Prente wat ’n persoon se gebreekte, bloeiende tande of verwyderde tande waar bloed teenwoordig is, uitbeeld; of wat voorwerpe wat in die tande of tandvleis ingesteek word, uitbeeld.
Prente wat dooie fetusse en babas buite die baarmoeder uitbeeld, tensy ’n ander persoon in die prent teenwoordig is.
Prente van diere
Enige foto’s of prente van diere (lewend of dood) wat ledemaatverwydering, sigbare ingewande, brandende of verkoolde diere of diere wat lewend gekook word, uitbeeld.
Prente van diere wat lewend is en dan sterf.
Prente van mense wat onmenslik teenoor lewende diere optree (soos skop, verdrink of vere uitpluk).
Vir die volgende inhoud beperk ons die vermoë om dit te sien tot gebruikers van 18 jaar en ouer:
Prente van mense
Foto’s en prente wat gedeeltelike of ten volle onbedekte dooie mense wys, al is daar geen sigbare aanduiders van ’n gewelddadige dood nie.
Prente wat dooie fetusse en babas buite die baarmoeder uitbeeld wanneer ’n ander persoon in die prent teenwoordig is.
Prente wat wys hoe ’n naald iemand se vel binnedring buite die konteks van inentings, akupunktuur of droënaaldbehandeling, tatoeëring of lyfgaatjies.
Prente wat beseerde mense in mediese kontekste wys waar hulle oënskynlik in pyn of angs verkeer, of wat gekneus is of mediese buise in hul gesig en/of hande het.
Prente wat menslike afval en liggaamsvloeistowwe wys (bv. ontlasting, urine, braaksel, oorwas, slym, byprodukte van dermale ekstraksies of bloed).
Foto’s wat voertuie wys wat brand of ontplof, of die oomblik (of net daarna) wys wat jaende voertuie met ander voorwerpe bots of waar die voertuig van die pad af geslinger word en/of die deel van die motor waar die bestuurder of passasier sit, erg beskadig word.
Foto’s van fisiese gevegte tussen twee of meer mense, behalwe in ’n sportkonteks.
Foto¹s van diere
Prente wat diere, lewend of dood, uitbeeld waar sigbare bloed teenwoordig is.
Prente wat diere uitbeeld wat geboorte skenk (bv. daar is bloed of sigbare binnegoed teenwoordig).
Prente wat lewende diere uitbeeld waar insekte uit hulle uitkom (bv. maaiers of wurms).
Prente wat beseerde diere uitbeeld wat ly.
Fiktiewe prente
Prente wat fiktiewe mense in die volgende kontekste wys:
Ledemaatverwydering;
Sigbare binnegoed, soos ontblote organe, bene of spierweefsel;
Brandende of verkoolde mense;
Keelafsnyery; of
Gewelddadige sterftes of lewensgevaarlike voorvalle.
Prente van fiktiewe mense wat fotorealisties uitgebeeld word (waar die foto/prent lyk soos ’n foto of video van ’n regte persoon) in die volgende kontekste:
Niemediese vreemde voorwerpe (bv. messe, spykers of ander metaalvoorwerpe) wat die vel deurboor;
Menslike afval en liggaamsvloeistowwe (bv. ontlasting, urine, braaksel, oorwas, slym, byprodukte van dermale ekstraksies) behalwe bloed;
Dooie babas of fetusse buite die baarmoeder;
Prente wat fiktiewe maar fotorealistiese diere, in die volgende konteks wys:
Ledemaatverwydering;
Sigbare binnegoed, soos ontblote organe, bene of spierweefsel;
Brandende of verkoolde diere;
Diere wat lewend gekook word;
Bloed is teenwoordig;
Diere wat lewend is en dan sterf;
Mense wat onmenslik teenoor lewende diere optree (bv. skop, verdrink of vere uitpluk);
Beseerde diere wat ly
Diere met insekte wat uit hulle kom (bv. maaiers of wurms).
Vir die volgende Gemeenskapstandaarde vereis ons bykomende inligting en/of konteks om dit af te dwing:
Ons laat die volgende nie toe nie:
Video of oudio van ’n persoon se gewelddadige dood wanneer die persoon se dood bevestig is deur rekords van wetstoepassers, ’n doodsertifikaat, verslag van ’n Vertroude vennoot of verslagdoening in die media en waar ’n familielid van die oorledene versoek dat dit verwyder word.
Video van verkoolde of brandende mense in die konteks van selfopoffering as ’n daad van protes.
Ons kan die volgende toelaat:
Foto’s of prente van iemand se gewelddadige dood of lewensgevaarlike voorval waar die uitbeelding toevallig is