Gewelddadige en grafiese inhoud

Beleidsbesonderhede

VERANDERINGELOG
Beleidsrede
Ons begryp dat mense se sensitiwiteit in terme van grafiese en gewelddadige foto’s, prente en video’s verskil. Om gebruikers teen sulke inhoud te beskerm, verwyder ons die mees grafiese inhoud en plaas ons waarskuwings by ander tipe inhoud sodat mense daarvan bewus kan wees dat dit sensitief van aard kan wees voordat hulle daarop klik. Ons beperk jonger gebruikers se vermoë om inhoud te sien wat dalk nie geskik of ouderdomstoepaslik vir hulle kan wees nie. Daardeur probeer ons ’n gepaste gebruikerservaring bied terwyl ons ruimte laat vir ons gebruikers om hulself uit te druk.
Ons is bewus daarvan dat gebruikers moontlik inhoud kan deel om sulke dade uit te lig of om dit as misbruik van menseregte of gewapende konflik te veroordeel. Ons beleide neem dit in ag wanneer inhoud in hierdie konteks gedeel word en laat dienooreenkomstig ruimte vir gesprekke en bewusmaking.
Ons bied vir betaalde advertensies bykomende beskermingsmaatreëls. Byvoorbeeld, inhoud wat as sensitief beskou word, mag nie in advertensies gebruik word nie. Ons verbied ook advertensies om foto’s of prente en video’s te bevat wat skokkend, grusaam of andersins sensasioneel is. Raadpleeg asseblief ons Adverteringstandaarde vir meer inligting.
Moenie die volgende plaas nie:
Prente van mense
Video’s van mense, lewend of afgestorwe, in niemediese kontekste wat die volgende uitbeeld:
  • Ledemaatverwydering.
  • Sigbare ingewande, soos ontblote organe, bene of spierweefsel by lewende of afgestorwe mense.
  • Brandende of verkoolde mense; of
  • Keelafsnyery.
Regstreekse stroming van teregstellings.
Sadistiese opmerkings
Sadistiese opmerkings is kommentaar – soos onderskrifte of opmerkings – wat blydskap of genot uitspreek oor die lyding of vernedering van mense of diere.
Ons verwyder
  • Sadistiese opmerkings oor prente (video’s en stilprente) wat andersins onder hierdie beleid ’n waarskuwingskerm kry wat mense inlig dat die inhoud ontstellend kan wees; tensy die prente dade van selfverdediging uitbeeld (bv. ’n video van iemand wat hulself teen gewapende roof verdedig), of as dit in ’n mediese konteks is (bv. ’n prent van mediese kundiges wat ’n operasie uitvoer).
  • Eksplisiete sadistiese opmerkings oor prente wat die lyding van diere uitbeeld, en prente wat diere uitbeeld wat lewe en dan doodgaan.
  • Die aanbied of versoek van foto’s of prente wat uitgevee is of onder hierdie beleid ’n waarskuwingskerm kry, wanneer dit met sadistiese opmerkings gepaard gaan.
Vir die volgende inhoud sluit ons ’n waarskuwingskerm in sodat mense bewus is dat die inhoud dalk ontstellend kan wees. Ons beperk ook die vermoë om die inhoud te bekyk tot volwassenes van 18 jaar oud en ouer:
Prente van mense
Video’s van mense, lewend of afgestorwe, in mediese kontekste wat die volgende uitbeeld:
  • Ledemaatverwydering.
  • Sigbare ingewande, soos ontblote organe, bene of spierweefsel by lewende of afgestorwe mense;
  • Brandende of verkoolde mense, insluitende in die konteks van verassing; of
  • Keelafsnyery.
Foto’s van lewende of afgestorwe mense wat die volgende uitbeeld:
  • Ledemaatverwydering.
  • Sigbare ingewande, soos ontblote organe, bene of spierweefsel by lewende of afgestorwe mense.
  • Brandende of verkoolde mense; of
  • Keelafsnyery.
Prente (video’s sowel as foto’s) wat die gewelddadige dood van ’n persoon uitbeeld (insluitende die oomblik van hulle dood of die resultaat daarvan) of ’n persoon wat ’n lewensbedreigende voorval beleef (soos om deur ’n kar raakgery te word, baie ver te val of ’n ander potensieel dodelike fisiese besering op te doen).
Prente wat ’n persoon se teregstelling uitbeeld (uitsluitende regstreekse strome).
Prente van onmenslike dade wat teen ’n mens of ’n groep mense uitbeeld (bv. dade van geweld of dodelike bedreigings teenoor mense wat met geweld aangehou word).
Prente wat niemediese vreemde voorwerpe (soos messe, spykers of ander metaalvoorwerpe) uitbeeld wat die vel deurboor.
Foto’s of prente wat ’n persoon se gebreekte tande, bloeiende tande of verwyderde tande waar bloed teenwoordig is, uitbeeld; of wat voorwerpe wat in die tande of tandvleis ingesteek word, uitbeeld.
Foto’s of prente wat dooie fetusse en babas buite die baarmoeder uitbeeld, tensy ’n ander persoon in die prent teenwoordig is.
Prente van diere
Enige foto’s of prente van diere (lewend of dood) wat ledemaatverwydering, sigbare ingewande, brandende of verkoolde diere of diere wat lewend gekook word, uitbeeld.
Foto’s of prente van diere wat lewend is en dan sterf.
Prente van mense wat onmenslik teenoor lewende diere optree (soos skop, verdrink of vere uitpluk).
Vir die volgende inhoud beperk ons die vermoë om dit te sien tot gebruikers van 18 jaar en ouer:
Prente van mense
Foto’s en prente wat gedeeltelike of ten volle onbedekte dooie mense wys, al is daar geen sigbare aanduiders van ’n gewelddadige dood nie.
Foto’s of prente wat dooie fetusse en babas buite die baarmoeder uitbeeld wanneer ’n ander persoon in die foto/prent teenwoordig is.
Foto’s of prente wat wys hoe ’n naald iemand se vel binnedring buite die konteks van inentings, akupunktuur of droënaaldbehandeling, tatoeëring of lyfgaatjies.
Foto’s of prente wat beseerde mense in mediese kontekste wys waar hulle oënskynlik in pyn of ellende verkeer, of wat gekneus is of mediese buise in hul gesig en/of hande het.
Foto’s of prente wat menslike afval en liggaamsvloeistowwe wys (bv. ontlasting, urine, braaksel, oorwas, slym, byprodukte van dermale ekstraksies of bloed)
Foto’s of prente wat voertuie wys wat brand of ontplof, of die oomblik (of net daarna) wys wat jaende voertuie met ander voorwerpe bots of waar die voertuig van die pad af geslinger word en/of die deel van die motor waar die bestuurder of passasier sit, erg beskadig word.
Prente van diere
Foto’s of prente wat diere, lewend of dood, uitbeeld waar sigbare bloed teenwoordig is.
Foto’s of prente wat diere uitbeeld wat geboorte skenk (bv. daar is bloed of sigbare binnegoed teenwoordig).
Foto’s of prente wat lewende diere uitbeeld waar insekte uit hulle uitkom (bv. maaiers of wurms).
Foto’s of prente wat beseerde diere uitbeeld wat ly.
Fiktiewe foto’s of prente
Foto’s of prente wat fiktiewe maar fotorealistiese mense in die volgende konteks wys:
  • Verwydering van ledemate;
  • Sigbare binnegoed, soos ontblote organe, bene of spierweefsel;
  • Mense wat brand of verkool is;
  • Keelafsnyery; of
  • Gewelddadige sterftes of lewensgevaarlike voorvalle.
Foto’s of prente van fiktiewe mense wat fotorealisties uitgebeeld word (waar die foto/prent lyk soos ’n foto of video van ’n regte persoon) in die volgende kontekste:
  • Niemediese vreemde voorwerpe (bv. messe, spykers of ander metaalvoorwerpe) wat die vel deurdring;
  • Menslike afval en liggaamsvloeistowwe (bv. ontlasting, urine, braaksel, oorwas, slym, byprodukte van dermale ekstraksies) behalwe bloed;
  • Dooie babas of fetusse buite die baarmoeder;
Foto’s of prente wat fiktiewe maar fotorealistiese diere in die volgende konteks wys:
  • Verwydering van ledemate;
  • Sigbare binnegoed, soos ontblote organe, bene of spierweefsel;
  • Diere wat brand of verkool is;
  • Diere wat lewend gekook word;
  • Bloed is teenwoordig;
  • Diere wat lewend is en dan sterf;
  • Mense wat onmenslik teenoor lewende diere optree (soos skop, verdrink of vere uitpluk).
  • Beseerde diere wat ly
  • Diere met insekte wat uit hulle kom (bv. maaiers of wurms).
Vir die volgende Gemeenskapstandaarde vereis ons bykomende inligting en/of konteks om dit af te dwing:
Ons laat nie die volgende toe nie:
Video of oudio van ’n persoon se gewelddadige dood wanneer die persoon se dood bevestig is deur rekords van wetstoepassers, ’n doodsertifikaat, verslag van ’n vertroude vennoot of verslagdoening in die media, waar ’n familielid van die oorledene versoek dat dit verwyder word.
Video van verkoolde of brandende mense in die konteks van selfoffering in die konteks van ’n protesaksie.
Ons kan die volgende toelaat:
Foto’s of prente van iemand se gewelddadige dood of lewensgevaarlike voorval waar die uitbeelding toevallig is
Gebruikerservarings
Sien ’n paar voorbeelde van hoe handhawing vir mense op Facebook lyk, soos hoe dit lyk om iets te rapporteer wat jy dink nie op Facebook moet wees nie, om ingelig te word dat jy ons Gemeenskapstandaarde oortree het, en om ’n waarskuwingskerm bo-oor sekere inhoud te sien.
Neem kennis: Ons is voortdurend besig om te verbeter; dus kan wat jy hier sien, ietwat verouderd wees in vergelyking met wat ons tans gebruik.
GEBRUIKERSERVARING
Rapportering
GEBRUIKERSERVARING
Nárapporteringskommunikasie
GEBRUIKERSERVARING
Verwyderingservaring
GEBRUIKERSERVARING
Waarskuwingskerms
Data
Bekyk die jongste verslag oor die toepassing van gemeenskapstandaarde
Handhawing
Ons het wêreldwyd dieselfde beleide vir almal op Facebook.
Kontroleringspanne
Ons wêreldwye span van meer as 15 000 kontroleerders werk elke dag om mense op Facebook veilig te hou.
Betrokkenheid van belanghebbendes
Kundiges van buite, akademici, NRO’s en beleidmakers help om die Facebook Gemeenskapstandaarde vas te stel.
Kry hulp met gewelddadige en grafiese inhoud
Vind uit wat jy kan doen indien jy iets op Facebook sien wat strydig met ons Gemeenskapstandaarde is.
Besoek ons Hulpsentrum