Selfdood, selfbesering en eetsteurings

Beleidsbesonderhede

VERANDERINGELOG
Beleidsrede
Ons gee baie om oor die veiligheid van die mense wat ons toepassings gebruik. Ons raadpleeg gereeld kenners in selfdood, selfbesering en eetsteurings om ons beleide en die handhawing daarvan te help inlig, en ons werk saam met organisasies regoor die wêreld om bystand te verleen aan mense in nood.
Hoewel ons mense nie toelaat om opsetlik of onopsetlik selfdood, selfbesering of eetsteurings te vier of te bevorder nie, laat ons mense toe om hierdie onderwerpe te bespreek, want ons wil hê dat ons dienste ’n spasie moet wees waar mense hul ervarings kan deel, bewustheid oor hierdie kwessies kan aanwakker en ondersteuning by mekaar kan soek. Ons kan ook die vermoë om die inhoud te bekyk tot volwassenes van 18 jaar oud en ouer beperk.
Ons verwyder enige inhoud wat selfdood, selfbesering, of eetsteurings aanmoedig, insluitende fiktiewe inhoud soos meme of illustrasies, en enige selfbeseringsinhoud wat grafies is, ongeag wat die konteks is. Ons verwyder inhoud wat instruksies bevat vir uiterstegewigsverliesgedrag. Ons verwyder ook inhoud wat slagoffers of oorlewendes van selfdood, selfbesering of eetsteurings bespot, sowel as werklike voorstellings van selfdood of selfbesering. Inhoud oor die herstel van selfdood, selfbesering, of eetsteurings wat toegelaat word, maar wat foto’s of prente kan bevat wat ontstellend kan wees, (soos ’n litteken wat genees het), word agter ’n sensitiwiteitskerm geplaas en ons sal ook die vermoë om die inhoud te bekyk tot volwassenes van 18 jaar oud en ouer beperk.
Wanneer mense inhoud plaas of soek wat verband hou met selfdood, selfbesering of eetsteurings, sal ons hulle verwys na plaaslike organisasies wat bystand kan verskaf en indien ons Gemeenskapsbedrywighedespan bekommerd is oor onmiddellike skade, sal ons plaaslike nooddienste kontak om hulp vir hulle te kry. Vir meer inligting, besoek die Meta-veiligheidsentrum.
Met betrekking tot regstreekse inhoud, het kenners vir ons gesê dat as iemand sê dat hulle van plan is om selfdood op 'n regstreekse stroom te probeer, moet ons die inhoud so lank as moontlik regstreeks laat, want hoe langer iemand met ’n kamera praat, hoe meer geleentheid is daar vir ’n vriend of familielid om nooddienste te bel. Om egter die risiko te verminder dat ander negatief beïnvloed word deur hierdie inhoud te bekyk, sal ons die regstreekse stroom stop op die punt waarop die bedreiging in ’n poging verander. Soos bo genoem, sal ons in enige geval die nooddienste kontak indien ons iemand identifiseer wat ’n onmiddellike risiko is om hulself seer te maak.
Ons laat nie die volgende toe nie:
  • Inhoud wat instruksies vir selfdood, selfbesering of eetsteurings bevorder, aanmoedig, koördineer of verskaf.
  • Inhoud wat grafiese selfdood, selfbesering en eetsteurings uitbeeld
  • Inhoud wat ’n persoon uitbeeld wat by ’n selfdoodpoging of selfdood betrokke was
  • Foto’s of prente van mense wanneer dit saam met terme geplaas word wat met eetsteurings verband hou
  • Inhoud wat fokus op die uitbeelding van ribbes, sleutelbene, dygapings, heupe, hol maag of ruggraat of skouerblad wat uitbult, of sigbare skeletbene in die arms of bene, of hol wange wanneer dit gedeel word saam met terme wat met eetsteurings verband hou
  • Inhoud wat instruksies bevat om uiters baie gewig te verloor
  • Inhoud wat uiterstegewigsverliesgedrag erken wanneer dit gedeel word saam met terme wat met eetsteurings verband hou
  • Inhoud wat instruksies bevat vir beperkende diëte wanneer dit gedeel word saam met terme wat met eetsteurings verband hou
  • Inhoud wat spot met slagoffers of oorlewendes van selfdood, selfbesering of eetsteurings wat of in die openbaar bekend is of wat sinspeel daarop dat hulle selfdood of selfbesering of eetsteurings ervaar het
  • Foto’s of prente wat liggaamswysiging uitbeeld (bv. tatoeëermerke, gaatjies steek, maak van letsels, selfkastyding ens.) wanneer dit in ’n selfdood- of selfbeseringskonteks gedeel word
Vir die volgende inhoud sluit ons ’n waarskuwingskerm in sodat mense bewus is dat die inhoud dalk ontstellend kan wees. Ons beperk ook die vermoë om die inhoud te bekyk tot volwassenes van 18 jaar oud en ouer:
  • Foto’s of video’s wat ’n persoon uitbeeld wat betrokke is by genadedood/bystanddood in ’n mediese omgewing.
  • Inhoud wat ouer gevalle van selfbesering uitbeeld soos snye wat gesond geword het of ander niegrafiese selfbeseringsfoto’s of -prente in ’n selfbeserings-, selfdood- of herstelkonteks
  • Inhoud wat ribbes, sleutelbene, bobeengapings, heupe, ’n hol maag, ruggraat of sleutelbeen wat uitsteek, sigbare skeletbene in arms of bene of holwange in ’n herstelkonteks uitbeeld
Vir die volgende inhoud bied ons hulpbronne aan mense en beperk ons die vermoë om die inhoud te sien tot volwassenes van 18 jaar oud en ouer:
  • Skriftelike of mondelike erkenning van selfdood, selfbesering of eetsteurings.
  • Vae, potensieel selfdoodgerigte stellings en verwysings (insluitende meme of generiese foto’s of prente oor hartseer gemoedstoestand, depressie, wat die dood as ontsnapping uitbeeld, of inhoud uit die popkultuur met die klem op donker, depressiewe gedagtes) in die konteks van selfdood of selfbesering.
Vir die volgende inhoud beperk ons die vermoë om die inhoud te sien tot volwassenes van 18 jaar oud en ouer:
  • Spot of afmaak van die konsep van selfdood, selfbesering of eetsteurings
  • Vertellings wat beskrywing insluit van selfdood met besonderhede wat verder strek as bloot die noem van die daad of die nagevolge
  • Erkenning van uiterstegewigsverliesgedrag
Vir die volgende Gemeenskapstandaarde vereis ons bykomende inligting en/of konteks om dit af te dwing:
  • Ons kan selfdoodnotas verwyder wanneer ons bevestiging van ‘n selfdood of selfdoodpoging het. Ons probeer selfdoodnotas identifiseer deur verskeie faktore te gebruik, insluitende maar nie beperk nie tot:
    • Familie- of regsverteenwoordigerversoeke,
    • Verslae van die media, die polisie of ander derdepartybronne (bv. regeringsagentskappe, NRO’s), of die Selfdoodinhoud-kontakvorm of Instagram-kontakvorm.
    • Ons kan ’n gebruiker se buiteplatformseine of -erkennings of bevordering van selfdood, selfbesering, eetsteurings of uiterstegewigsverliesgedrag in aanmerking neem om te beoordeel of spesifieke inhoud wat deur hulle op Meta-platforms geplaas is, ’n risiko vir ander mense kan inhou.
Gebruikerservarings
Sien ’n paar voorbeelde van hoe handhawing vir mense op Facebook lyk, soos hoe dit lyk om iets te rapporteer wat jy dink nie op Facebook moet wees nie, om ingelig te word dat jy ons Gemeenskapstandaarde oortree het, en om ’n waarskuwingskerm bo-oor sekere inhoud te sien.
Neem kennis: Ons is voortdurend besig om te verbeter; dus kan wat jy hier sien, ietwat verouderd wees in vergelyking met wat ons tans gebruik.
GEBRUIKERSERVARING
Rapportering
GEBRUIKERSERVARING
Nárapporteringskommunikasie
GEBRUIKERSERVARING
Verwyderingservaring
GEBRUIKERSERVARING
Waarskuwingskerms
Data
Bekyk die jongste verslag oor die toepassing van gemeenskapstandaarde
Handhawing
Ons het wêreldwyd dieselfde beleide vir almal op Facebook.
Kontroleringspanne
Ons wêreldwye span van meer as 15 000 kontroleerders werk elke dag om mense op Facebook veilig te hou.
Betrokkenheid van belanghebbendes
Kundiges van buite, akademici, NRO’s en beleidmakers help om die Facebook Gemeenskapstandaarde vas te stel.
Kry hulp vir selfdood, selfbesering en eetsteurings
Vind uit wat jy kan doen indien jy iets op Facebook sien wat strydig met ons Gemeenskapstandaarde is.
Besoek ons Hulpsentrum