Seksuele uitlokking van volwassenes en seksueel eksplisiete taal

Beleidsbesonderhede

VERANDERINGELOG
Beleidsrede
Soos aangedui in die beleid oor seksuele uitbuiting van volwassenes gebruik mense ons dienste om seksuele geweld en uitbuiting te bespreek en die aandag daarop te vestig. Ons erken die belangrikheid van hierdie bespreking en laat dit toe. Ons laat ook die bespreking van voorspraak vir sekswerkersregte en sekswerkregulering toe. Ons trek egter die streep wanneer inhoud seksuele ontmoetings of kommersiële seksuele dienste tussen volwassenes fasiliteer of wanneer inhoud vra vir pornografiese of seksuele inhoud of dit aanbied. Ons doen dit om die fasilitering van transaksies te vermy wat mensehandel, forsering of niekonsensuele seksuele dade insluit.
Ons beperk ook seksueel eksplisiete taal wat tot seksuele uitlokking kan lei omdat sommige groepe in ons wêreldwye gemeenskap sensitief kan wees vir hierdie tipe inhoud, en dit kan mense se vermoë belemmer om met hul vriende en die breër gemeenskap te skakel.
Ons laat nie die volgende toe nie:
Inhoud wat prostitusie, wat omskryf word as die vra vir of aanbied van die self vir seksuele ontmoetings in ruil vir geld of enigiets van waarde, aanbied, daarvoor vra of metodes vir kontak bied nie.
  • Aanbieding van of vra vir seksuele ontmoetings (byvoorbeeld gesellindienste, seksuele/erotiese masserings, sekskletse/-gesprekke, fetisj-/domineringsdienste)
  • Gebruik straattaalterme vir prostitusie gekombineer met ’n vraag of aanbod van beskikbaarheid, prys of enige teken van transaksie vir geld of iets van waarde, ligging of kontakinligting
  • Betrokkenheid by seksuele uitlokking in kombinasie met ’n prys of enige teken van ’n transaksie vir geld of iets van waarde
  • Uitbeelding van of noem van seksuele ontmoetings of maats met ’n prys of enige tekens van geldelike of soortgelyke transaksies.
  • Werwing of aanbieding van ander mense vir kommersiële derdepartysekswerk word deur die beleid op mense-uitbuiting gedek.
Inhoud wat betrokke is by seksuele uitlokking deur seksuele ontmoetings aan te bied, daarvoor te vra of metodes van kontak te bied:
  • Seksuele omgang of stimulasie
  • Orale seks
  • Seksuele fetisje
  • Sekskletse of -gesprekke
  • Seksuele of erotiese masserings
  • Erotiese danse of ontkleedanse
  • Deel van foto’s of prente van naaktheid (soos naakfoto’s of seksvideo’s)
Inhoud wat vra vir pornografiese materiaal of om gebruikername of skakels na pornografiese webwerwe te deel, of wat dit aanbied of metodes van kontak bied.
Seksueel eksplisiete taal wat eksplisiete of grafiese besonderhede oor die volgende gebruik:
  • Geslagsdele
  • Toestande van seksuele opwekking (bv. natheid of ereksie)
  • Seksuele ontmoetings
  • Bogenoemde sluit nie inhoud in wat in ’n humoristiese, satiriese of seksuele vloektaal gedeel word nie
Ons laat inhoud toe wat andersins deur hierdie beleid gedek word wanneer dit geplaas word in die konteks van veroordeling, bewusmaking of nuusberiggewing. Ons verbied ingevolge hierdie beleid ook nie bespreking van seksuele praktyke nie. Dit kan egter ingevolge die beleid oor gesondheid en welstand beperk word tot volwassenes ouer as 18 jaar oud om ouderdomstoepaslike ervarings vir minderjariges te fasiliteer.
Vir die volgende inhoud beperk ons die vermoë om die inhoud te sien tot volwassenes van 18 jaar en ouer:
  • Inhoud wat seksuele praktyke of ervarings bespreek
  • Inhoud wat gebruikername, skakels na of logo’s van subskripsiewebwerwe vir volwasse inhoud bevat
  • Seksueel eksplisiete taal in humoristiese of satiriese kontekste, insluitende seksuele metafore
  • Seksueel suggestiewe taal wat na seksuele ontmoetings verwys
Vir die volgende Gemeenskapstandaarde vereis ons bykomende inligting en/of konteks om daarteen op te tree:
  • In sekere gevalle sal ons inhoud toelaat wat andersins die gemeenskapstandaarde oortree wanneer ons bepaal het dat die inhoud satiries is. Inhoud sal slegs toegelaat word indien die oortredende elemente van die inhoud satiries is of toegeskryf word aan iets of iemand anders om hulle te spot of te kritiseer.
Gebruikerservarings
Sien ’n paar voorbeelde van hoe handhawing vir mense op Facebook lyk, soos hoe dit lyk om iets te rapporteer wat jy dink nie op Facebook moet wees nie, om ingelig te word dat jy ons Gemeenskapstandaarde oortree het, en om ’n waarskuwingskerm bo-oor sekere inhoud te sien.
Neem kennis: Ons is voortdurend besig om te verbeter; dus kan wat jy hier sien, ietwat verouderd wees in vergelyking met wat ons tans gebruik.
GEBRUIKERSERVARING
Rapportering
GEBRUIKERSERVARING
Narapporteringskommunikasie
GEBRUIKERSERVARING
Verwyderingservaring
GEBRUIKERSERVARING
Waarskuwingskerms
Handhawing
Ons het wêreldwyd dieselfde beleide vir almal op Facebook.
Kontroleringspanne
Ons wêreldwye span van meer as 15 000 kontroleerders werk elke dag om mense op Facebook veilig te hou.
Betrokkenheid van belanghebbendes
Kundiges van buite, akademici, NRO’s en beleidmakers help om die Facebook Gemeenskapstandaarde vas te stel.
Kry hulp met seksuele uitlokking van volwassenes en seksueel eksplisiete taal
Vind uit wat jy kan doen indien jy iets op Facebook sien wat strydig met ons Gemeenskapstandaarde is.
Besoek ons Hulpsentrum