Verbode goedere en dienste
Beleidsbesonderhede
VERANDERINGELOG
Vandag
22 Jul. 2025
14 Mei 2025
27 Feb. 2025
26 Feb. 2025
26 Jun. 2024
30 Nov. 2023
27 Jul. 2023
27 Apr. 2023
22 Des. 2022
27 Okt. 2022
23 Des. 2021
24 Nov. 2021
30 Sep. 2021
26 Aug. 2021
29 Jul. 2021
28 Jan. 2021
24 Sep. 2020
30 Jul. 2020
22 Jun. 2020
30 Apr. 2020
30 Nov. 2019
10 Okt. 2019
24 Sep. 2019
03 Sep. 2019
30 Jul. 2019
24 Jul. 2019
01 Jul. 2019
26 Apr. 2019
20 Mrt. 2019
30 Nov. 2018
31 Aug. 2018
Beleidsrede
Om veiligheid aan te moedig en potensiële skadelike aktiwiteite te ontmoedig, verbied ons pogings deur individue, vervaardigers en kleinhandelaars om sekere goedere en dienste op ons platform te koop, verkoop, uit te loot, te skenk, oor te dra of te ruil. Volgens ons beleide hier onder, verdra ons nie die uitruiling of verkope van enige middels wat tot middelmisbruik kan lei nie. Fisiese en aanlyn kleinhandelaars kan vuurwapens, alkohol en tabakprodukte bemark wat buite ons dienste te koop is, maar ons beperk die sigbaarheid van hierdie inhoud vir minderjariges. Ons laat toe dat die verkoop van hierdie goedere deur winkels of aanlyn kleinhandelaars bespreek word om veranderinge aan die regulasies in ons beleid oor goedere en dienste te bevorder, of besprekings wat die gebruik van farmaseutiese middels bevorder in die konteks van mediese behandeling, insluitende besprekings oor fisieke of geestelike newe-effekte.
Verbode goedere en dienste bestaan uit die volgende kategorieë:
- Dwelms en farmaseutiese produkte
- Wapens, ammunisie of plofstowwe
- Tabak en verwante produkte
- Alkohol
- Gesondheid en welstand
- Aanlyn dobbel en speletjies
- Bedreigde en beskermde spesies (natuurlewe en plante)
- Historiese artefakte
- Gevaarlike goedere en materiale
- Liggaamsdele en -vloeistowwe
Elke kategorie word uitvoerig hier onder uiteengesit.
Dwelms en farmaseutiese produkte
Ons laat die volgende nie toe nie:
Hoërisikomiddels (middels met ’n hoë potensiaal vir misbruik, verslawing, of wat met ernstige gesondheidsrisiko’s verband hou, insluitende oordosis, bv. kokaïen, fentaniel of heroïen).
Inhoud wat:
- Poog om hoërisikomiddels te koop, verkoop, verhandel, die verhandeling daarvan te koördineer, te skenk, as geskenk gee, of daarvoor te vra.
- Die koop, verhandeling, of koördinering van die verhandeling van hoërisikomiddels deur die plaser van die inhoud self of deur iemand anders erken.
- Persoonlike gebruik erken sonder erkenning van of verwysing na herstel, behandeling, of ander bystand om gebruik te bekamp. Hierdie inhoud mag nie positief praat oor die gebruik van hoërisikomiddels nie, en ook nie instruksies koördineer of verskaf om hoërisikomiddels te maak of te gebruik nie.
- Hoërisikomiddels koördineer of bevorder (deur positief daaroor te praat, gebruik daarvan aan te moedig, of om gebruiks- of vervaardigingsinstruksies te verskaf).
- Neem kennis: Debat oor of bepleiting van die wettigheid of bespreking van wetenskaplike of mediese meriete van hoërisikomiddels word toegelaat. Dit sluit nuus en openbare aankondigings in.
Niemediese middels (middels of stowwe wat nie gebruik word vir ’n bedoelde mediese doeleinde nie of om bedwelmd te raak – dit sluit in voorloperchemikalieë of stowwe wat gebruik word vir die vervaardiging van hierdie middels.)
Inhoud wat:
- Poog om niemediese middels te koop, verkoop, verhandel, verhandeling daarvan te koördineer, te skenk, as geskenk te gee of daarvoor te vra.
- Die koop, verhandel of koördinering van verhandeling van niemediese middels deur die plaser van die inhoud self of deur ander te koördineer.
- Persoonlike gebruik erken sonder erkenning van of verwysing na herstel, behandeling, of ander bystand om gebruik te bekamp. Hierdie inhoud mag nie positief praat oor die gebruik van niemediese dwelms nie, en ook nie instruksies koördineer of verskaf nie.
- Niemediese middels koördineer of bevorder (deur positief daaroor te praat, die gebruik daarvan aan te moedig, of om gebruiks- of vervaardigingsinstruksies te verskaf).
- Pogings om toerusting vir niemediese middels te verkoop of te bemark
- Handelsware bevat wat niemediese middels uitbeeld.
Voorskrifmedikasies (medikasies waarvoor ’n voorskrif nodig is of wat mediese kundiges moet toedien)
Inhoud wat:
- Poog om voorskrifmedikasies te koop, verkoop of verhandel, behalwe wanneer:
- Die pryse van entstowwe in ’n uitdruklike opvoedings- of besprekingskonteks gelys word en beperk is tot volwassenes van 18 jaar oud of ouer.
- Aflewering aangebied word wanneer dit deur wettige gesondheidsorg-e-handelbesighede geplaas word en beperk is tot volwassenes van 18 jaar oud of ouer. Hierdie inhoud moet ook ’n vrywaring insluit dat ’n gelisensieerde gesondheidsorgkundige geraadpleeg, of ’n geldige voorskrif verkry moet word.
- Daar probeer word om voorskrifmedikasies te skenk of as geskenk te gee, behalwe in die geval van ’n ekonomiese, gesondheids-, maatskaplike of natuurrampkrisis.
- Vra vir voorskrifmedikasies, behalwe wanneer inhoud die bekostigbaarheid, toeganklikheid of effektiwiteit van voorskrifmedikasies in ’n mediese konteks bespreek.
- Neem kennis: Debattering oor of bepleiting van die wettigheid of bespreking van wetenskaplike of mediese meriete van voorskrifmiddels word toegelaat. Dit sluit nuus en openbare aankondigings in.
Enteogene
- Inhoud wat poog om enteogene te koop, verkoop, verhandel, skenk of as geskenk gee of wat daarvoor vra.
- Neem kennis: Debat oor of bepleiting van die wettigheid of bespreking van wetenskaplike of mediese meriete van enteogene word toegelaat.
Kannabis en produkte wat van kannabis verkry is
- Inhoud wat probeer om dagga en produkte wat THC of verwante psigoaktiewe komponente bevat, te koop, verkoop, verhandel, skenk, as geskenk gee of daarvoor vra.
Vir die volgende inhoud beperk ons sigbaarheid tot volwassenes van 18 jaar oud en ouer:
Enteogene
- Inhoud wat erkenning van persoonlike gebruik van enteogene wys, of enteogene koördineer of bevorder (waarby ons bedoel deur positief daaroor te praat) of die gebruik daarvan aanmoedig.
- Behalwe wanneer enige van die bogenoemde plaasvind in ’n fiktiewe of dokumentêre konteks.
Kannabis en produkte wat van kannabis verkry is
- Inhoud wat dagga en produkte wat THC of verwante psigoaktiewe komponente bevat, koördineer of bevorder (waarmee ons bedoel om positief daaroor te praat, die gebruik daarvan aan te moedig of gebruiks- of vervaardigingsinstruksies te verskaf).
- Besigheidsverwante inhoud wat geplaas word deur dagga-apteke waar daar nie enige pogings is om dagga en produkte wat THC of verwante psigoaktiewe komponente bevat, te koop, verkoop of te verhandel nie.
- Inhoud wat eetbare kannabidiol (CBD) of soortgelyke kannabinoïede produkte probeer koop, verkoop, verhandel, skenk, as geskenk gee of daarvoor vra.
- Inhoud wat nie-eetbare kannabinoïede (CBD) of soortgelyke kannabinoïede produkte probeer koop, verkoop, verhandel, skenk, as geskenk gee of daarvoor vra.
- Inhoud wat bewerings maak oor siektes, wat verband hou met nie-eetbare kannabinoïede (CBD) of soortgelyke kannaboïede produkte.
- Inhoud wat daggatoerusting uitbeeld.
Voorskrifmedikasies
- Inhoud wat poog om voorskrifmiddels in enige konteks, ook wanneer dit geplaas word deur wettige gesondheids-e-handelbesighede, te koop, verkoop of te verhandel.
- Inhoud wat poog om oor-die-toonbankmedisyne te koop, verkoop, verhandel, te skenk of te gee as geskenk, of wat daarvoor vra.
- Inhoud wat toelating, of gebruik, van voorskrifmiddels insluit.
Wapens, ammunisie of plofstowwe
Ons laat die volgende nie toe nie:
Inhoud wat:
- Poog om vuurwapens, vuurwapenonderdele, ammunisie, plofstowwe, of dodelike verbeteringe te koop, te verkoop of te ruil, behalwe wanneer dit:
- deur ’n Blad, Groep of Instagram-profiel geplaas word wat ’n regmatige fisiese sakeonderneming verteenwoordig, insluitende kleinhandelsakeondernemings, webwerwe, handelsmerke of regeringsowerhede (d.w.s. polisiedepartement, brandweer) of ’n privaat individu wat namens regmatige fisiese sakeondernemings inhoud deel; en sigbaarheid beperk word tot volwassenes van 21 jaar oud en ouer.
- Poog om vuurwapens, vuurwapenonderdele, ammunisie, plofstowwe, of dodelike verbeteringe te skenk of as geskenk te gee, behalwe wanneer dit in die volgende kontekste geplaas word:
- Skenking, verhandeling of terugkoop van vuurwapens en ammunisie deur ’n Blad, Groep of Instagram-profiel wat ’n regmatige fisiese sakeonderneming verteenwoordig, insluitende kleinhandelsakeondernemings, webwerwe, handelsmerke of regeringsowerhede (d.w.s. polisiedepartement, brandweer) of ’n privaat individu wat namens regmatige fisiese sakeondernemings inhoud deel; en sigbaarheid beperk word tot volwassenes van 21 jaar oud en ouer.
- ’n Veiling of trekking van vuurwapens deur regmatige fisiese sakeondernemings, insluitende kleinhandelsakeondernemings, geaffilieerde regeringsorganisasies of organisasies sonder winsoogmerk, of privaat individue wat geaffilieer is met of geborg word deur regmatige fisiese sakeondernemings; en sigbaarheid word beperk tot volwassenes van 21 jaar oud en ouer.
- Vra vir vuurwapens, vuurwapenonderdele, ammunisie, plofstowwe, of dodelike verbeteringe.
- Probeer om 3D-drukwerk of rekenaargesteunde vervaardigingsinstruksies vir vuurwapens of vuurwapenonderdele, ongeag die konteks of plaser, te koop, verkoop, as geskenk te gee, uit te ruil, oor te dra, te koördineer, positief daaroor te praat of die gebruik daarvan aan te moedig of toegang daartoe te bied.
- Probeer om omskakelingstoestelle vir masjiengewere te koop, te verkoop, uit te ruil, te skenk, as geskenk te gee, voor te vra, toe te laat of eienaarskap daarvan te erken.
Vir die volgende inhoud beperk ons sigbaarheid tot volwassenes van 21 jaar oud en ouer:
Wapens, ammunisie of plofstowwe
- Inhoud wat geplaas word deur of wat regmatige fisiese winkels, entiteite, insluitende kleinhandelsakeondernemings, webwerwe, handelsmerke of regeringsowerhede bevorder wat probeer om vuurwapens, vuurwapenonderdele, ammunisie, plofstowwe of dodelike verbeterings te koop, verkoop, uit te ruil, te skenk of as geskenk gee of voor te vra (insluitende in die konteks van ’n veiling of uitloting).
Vir die volgende inhoud beperk ons sigbaarheid tot volwassenes van 18 jaar oud en ouer:
Items met lemme en ander wapens:
- Inhoud wat items met lemme en enige ander wapens (bv. pepersproei of kneukelringe) probeer koop, verkoop, verhandel, koördineer, skenk, as geskenk gee, of daarvoor vra.
- Inhoud wat in produkresensies positief praat oor die gebruik van vuurwapens, vuurwapenonderdele, ammunisie, plofstowwe, dodelike verbeteringe of items met lemme, of instruksies vir gebruik bied, of die gebruik daarvan aanmoedig.
- Verkoopaanbiedinge en die promosie van niedodelike bybehore
Tabak en verwante produkte
Ons laat die volgende nie toe nie:
Inhoud wat:
- Probeer om tabak-/nikotienverwante produkte of produkte wat rook simuleer, insluitende alle soorte “ENDS” (elektroniese nikotienleweringstelselprodukte soos elektroniese sigarette, damprokers en nikotienvrye damprokers), te koop, verkoop of verhandel.
- Behalwe wanneer dit geplaas word deur ’n Blad, groep of Instagram-profiel wat regmatige fisiese sakeondernemings, insluitende kleinhandelsakeondernemings, webwerwe of handelsmerke verteenwoordig, of ’n privaat individu wat inhoud namens ’n fisiese sakeonderneming plaas, insluitende om afleweringsdienste en handelmerkweggeepryse te bied.
- Probeer om tabak-/nikotien- of “ENDS”-produkte te skenk of as geskenk te gee.
- Behalwe wanneer dit geplaas word deur ’n Blad, groep of Instagram-profiel wat regmatige fisiese sakeondernemings, insluitende kleinhandelsakeondernemings, webwerwe of handelsmerke verteenwoordig, of ’n privaat individu wat inhoud namens ’n fisiese sakeonderneming plaas, insluitende om afleweringsdienste en handelmerkweggeepryse te bied.
- Versoeke vir tabak-/nikotienprodukte of produkte wat rook simuleer, insluitende alle soorte “ENDS”-produkte (nikotienvrye damprokers).
Vir die volgende inhoud beperk ons sigbaarheid tot volwassenes van 18 jaar oud en ouer:
- Inhoud wat geplaas word deur of wat regmatige fisiese sakeondernemings, insluitende kleinhandelsakeondernemings, webwerwe of handelsmerke bevorder wat probeer om alkohol- of tabakprodukte te koop, verkoop, verhandel, skenk of as geskenk te gee.
- Inhoud wat die gebruik van tabak-, nikotien- of “ENDS”-produkte uitbeeld.
- Inhoud wat die gebruik van tabak-, nikotien-, “ENDS”-produkte of tabakhandelsmerke koördineer of bevorder.
- Inhoud wat produkte uitbeeld om op te hou om tabak te gebruik
- Inhoud wat die gebruik van tabak, tabaktoebehore of tabakhandelsmerke bespreek of bevorder
- Media-inhoud wat rook of tabakgebruik in ’n niefiksiekonteks uitbeeld
- Behalwe in die konteks van antirookveldtogte, beradingsdienste vir rookverslawing en rookrehabilitasieprogramme of -fasiliteite, of in ’n openbare veiligheidskonteks
Alkohol
Ons laat die volgende nie toe nie:
Inhoud wat:
- Poog om alkohol te koop, verkoop of verhandel behalwe wanneer:
- Dit geplaas word deur ’n blad, groep of Instagram-profiel wat regmatige fisiese sakeondernemings, insluitende kleinhandelsakeondernemings, webwerwe of handelsmerke verteenwoordig, of ’n privaat individu wat namens ’n fisiese sakeonderneming plaas, insluitende om afleweringsdienste en handelmerkweggeepryse te bied.
- Inhoud verwys na alkohol of die rig van ’n uitnodiging na ’n alkoholligging waar alkohol by die plek self by ’n geleentheid, restaurant, kroeg of ’n partytjie uitgeruil of gebruik sal word.
- Pogings om alkohol of tabak te skenk of as geskenk te gee wanneer dit geplaas is deur ’n bladsy, groep of Instagram-profiel wat regmatige fisiese sakeondernemings verteenwoordig, insluitende kleinhandelaars, webwerwe of handelsmerke, of ’n privaat individu wat inhoud namens regmatige fisiese sakeondernemings deel.
- Daar vir alkoholprodukte en drinkgoed gevra word.
Vir die volgende inhoud beperk ons sigbaarheid tot volwassenes van 18 jaar oud en ouer:
- Inhoud wat geplaas word deur of wat regmatige fisiese sakeondernemings, insluitende kleinhandelsakeondernemings, webwerwe of handelsmerke bevorder wat alkoholprodukte of drinkgoed probeer koop, verkoop, verhandel, skenk of as geskenk gee.
- Inhoud wat die gebruik van alkoholprodukte of drinkgoed uitbeeld of wat resepte vir alkoholiese drankies deel.
- Inhoud wat verwys na alkoholprodukte of ’n uitnodiging na ’n plek waar alkohol uitgeruil of gebruik sal word.
Gesondheid en welstand
Vir die volgende inhoud beperk ons sigbaarheid tot volwassenes van 18 jaar oud en ouer:
Produkte of dienste vir gewigsverlies of gewigstoename
Inhoud wat:
- Probeer om produkte of dienste vir gewigsverlies of gewigstoename te koop, verkoop, verhandel, skenk, as geskenk gee, dit noem, of daarvoor vra.
- Gebruik van ’n gewigsverlies- of gewigstoenameproduk erken of dit in ’n gunstige konteks uitbeeld of die newe-effekte bespreek.
- Koördinering of bevordering (waarmee ons bedoel om positief daaroor te praat, die gebruik daarvan aan te moedig of instruksies verskaf om dit te gebruik of te maak) van ’n dieetproduk wys.
- Wat stellings van ondergeskiktheid oor fisiese voorkoms bevat (bv. terme, beskrywings of vrae wat negatief is en iemand se voorkoms, spesifieke liggaamsdele of higiëne aanval), of wat nabyskote van ’n spesifieke liggaamsarea bevat wat samegeknypte vet wys.
- Bewerings dat resultate alleenlik behaal kan word deur drabare produkte, soos juweliersware of plakkers, te gebruik.
- Kliklokaastaktieke in ’n konteks van gewigsverlies of gewigstoename gebruik, soos sensasionele bewoording met oordrewe of uiterste gesondheidsaansprake, of beloftes van spesifieke uitkomste binne ’n vasgestelde tydsraamwerk sonder vrywarings of kwalifiseerders.
Inhoud wat:
- Kosmetiese produkte, prosedures of operasies probeer koop, verkoop, verhandel, skenk, as geskenk gee, of daarvoor vra. Dit sluit in:
- Produkte wat die vel wit maak, soos bleikmiddelrome.
- Kosmetiese prosedures wat die funksie of struktuur van mense se gesigte of liggame wil behandel of herstel.
- Inhoud wat ’n kosmetiese prosedure of operasie erken of uitbeeld en die positiewe of negatiewe impak of newe-effekte uitlig.
- Inhoud wat ’n kosmetiese prosedure of operasie koördineer of bevorder (waarby ons bedoel om positief daaroor te praat, die gebruik daarvan aan te moedig of instruksies te verskaf).
- Stellings van ondergeskiktheid oor fisiese voorkoms bevat (d.w.s. terme, beskrywings of vrae wat negatief is en ’n individu se voorkoms, spesifieke liggaamsdele of higiëne aanval)
Let wel: Die bevordering van metodes vir oefensessies (soos Pilates) of tydelike kosmetiese produkte (soos grimering) word nie deur hierdie beleid gedek nie.
Misleidende gesondheidspraktyke
Produkte vir volwassenes vir seksuele stimulasie- Bewerings (insluitend dié van gesondheidskundiges of gesondheidsorganisasies) dat enige van die volgende ongeneeslike en/of terminale siektes genees, verbeter of uitgebuit kan word (volledige lys): Let wel: Dit is nie van toepassing op bewerings oor die behandeling of bestuur van simptome van hierdie toestande nie.
- Diabetes
- Herpes
- Skildkliersiektes
- Psoriase
- Ebola
- Kanker
- Outisme
- Alzheimer-siekte
- Parkinson-siekte
- Amiotrofiese laterale sklerose (ALS)
- Menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV)
- Kliklokaastaktieke in ’n gesondheidskonteks gebruik, soos sensasionele bewoording met oordrewe of uiterste gesondheidsaansprake, of beloftes van spesifieke gesondheidsverwante resultate binne ’n vasgestelde tydsraamwerk sonder vrywarings of kwalifiseerders.
Inhoud wat:
- Probeer om produkte vir volwassenes vir seksuele stimulasie waar die primêre fokus is om iemand se seksuele plesier te stimuleer of iemand se seksuele plesier kan aanwakker of seksuele opwekking kan verhoog in ’n fiktiewe of niefiktiewe konteks te koop, verkoop, verhandel, skenk, as geskenk gee, of daarvoor vra, insluitende: Dit sluit in:
- Seksspeelgoed
- Erotiese produkte
- Produkte vir niechirurgiese verbetering van geslagsdele soos produkte wat seksuele begeerte stimuleer of seksuele prestasie verbeter
- Produkte waar die primêre fokus is om seksuele begeerte of opwekking te stimuleer
- Uitbeelding van seksspeelgoed sonder enige duidelike konteks
Inhoud wat:
- Probeer om produkte vir voortplantingsgesondheid of welstand te koop, verkoop, verhandel, skenk, as geskenk gee, of daarvoor vra. Dit sluit in:
- Produkte vir Voortplantingsgesondheid of Welstand wanneer die fokus op seksuele plesier en nie mediese voordele is nie, insluitende dié wat falliese of yoniese voorwerpe bevat
- Produkte wat aandag gee aan seksuele voortplantingsteurings
- Kosmetiese geslagsdeelchirurgie
- Volwasse geslagsdeelchirurgie
- Seksopvoeding met die fokus op seksuele plesier
- Hormoonprodukte (bv. testosteroonversterkers)
Inhoud wat:
- Pogings om besighede vir volwasse seksuele aktiwiteit, wat iemand se seksuele plesier of seksuele opwekking kan stimuleer te koop, verkoop, verhandel, skenk, as geskenk gee, of daarvoor vra. Dit sluit in:
- Besighede wat volwasse vermaak bied
- Ondernemings vir volwasse vermaak
- Seksopvoedingsdienste
Aanlyn dobbel en speletjies
Vir die volgende inhoud beperk ons sigbaarheid tot volwassenes van 18 jaar oud en ouer:
Aanlyn dobbel en speletjies
- Inhoud wat poog om aanlyn speletjies en dobbeldienste te verkoop, verhandel, voor te stel of te bevorder waar enigiets van geldwaarde (insluitende kontant of digitale/virtuele geldeenhede, bv. bitcoin) vereis word om te speel en enigiets van geldwaarde deel vorm van die prys. Dit sluit in, maar is nie beperk nie, tot:
- Vaardigheidspeletjies, loterye/uitloting, weddenskappe, sportweddenskappe, casinospeletjies, toevalspeletjies, of insetlotery/prystrekkings.
- Dobbelspeletjies wat ’n beperkte proeftyd bied en daarna betaling vereis.
- Inhoud wat sosiale casinospeletjies wat dobbelspeletjies, soos muntdobbelmasjiene waar daar geen geleentheid is om geld te wen of die waarde van geld te wen nie, probeer verkoop, verhandel, uitbeeld of bevorder. Dit sluit inhoud in wat daarop dui dat daar die geleentheid is om “munte” sonder geldwaarde te wen.
- Inhoud wat speletjies wat gratis is om te speel wat dobbelspeletjies simuleer waar geen geld nodig is om die speletjie te speel nie, maar daar die geleentheid kan wees om geld te wen probeer verkoop, verhandel, uitbeeld of bevorder.
Bedreigde en beskermde spesies (natuurlewe en plante)
Ons laat die volgende nie toe nie:
Inhoud wat:
- Poog om bedreigde spesies of dele daarvan of beskermde plantspesies te koop, verkoop, verhandel, skenk of gee as geskenk, of daarvoor vra.
- Die stroping, verkoop van of handel in bedreigde spesies of hulle liggaamsdele wat deur die persoon wat die inhoud plaas self of mense met wie hulle geassosieer is, gepleeg is, erken of aanmoedig. Dit sluit nie uitbeeldings van stroping deur vreemdelinge in nie.
- Stroping van bedreigde spesies of hulle liggaamsdele uitbeeld wat deur die persoon wat die inhoud plaas self of mense met wie hulle geassosieer is, gepleeg is.
- Koördinering of bevordering (waarby ons bedoel om positief te praat oor die stroping of wat instruksies verskaf) van bedreigde spesies of hulle liggaamsdele of enige bedreigde natuurlewe of plante, te gebruik of te maak.
- Inhoud wat poog om lewende niebedreigde diere te koop, verkoop of te verhandel, behalwe wanneer dit:
- Geplaas word deur ’n blad, groep of Instagram-profiel wat regmatige fisiese sakeondernemings verteenwoordig, insluitende kleinhandelsakeondernemings, regmatige webwerwe, handelsmerke of hervestigingstoevlugte, of ’n privaat individu wat inhoud namens regmatige fisiese sakeondernemings deel.
- Geplaas word in die konteks van aanneming, gee as ’n geskenk, skenking of hervestiging van niebedreigde diere, insluitende hervestigingsgelde vir een-tot-een-aannemings
- ’n Dier vir ’n godsdienstige offerande verkoop of ’n beloning vir verlore troeteldiere aanbied.
- Geplaas word in die konteks van lewende hawe.
- Geplaas word in die konteks van koop, verkoop, geskenke, vra vir of skenking van dierehorings, -organe, -ledemate, -karkasse, taksidermie, mis (uitsluitende kompos vir kunsmis).
- Geplaas word in die konteks van die aanbieding van dierverwante produkte vir menslike verbruik soos: eiers, vis, ens.
Historiese artefakte
Ons laat die volgende nie toe nie:
Inhoud wat poog om historiese artefakte te koop, verkoop, verhandel, te skenk of te gee as geskenk, of wat daarvoor vra.
Gevaarlike goedere en materiale
Ons laat die volgende nie toe nie:
Inhoud wat poog om gevaarlike goedere en materiale te koop, verkoop, verhandel, te skenk of gee as geskenk, of wat daarvoor vra.
Menslike liggaamsdele en liggaamsvloeistowwe
Ons laat die volgende nie toe nie:
Inhoud wat:
- Poog om liggaamsdele van mense te koop, verkoop of verhandel, selfs buite die konteks van mensehandel wat ingevolge die beleid oor die uitbuiting van mense verbied word.
- Vra vir die uitruiling van menslike vloeistowwe.
- Poog om menslike vloeistowwe te koop, te verkoop of te verhandel.
- Behalwe as dit geplaas word vir skenking van menslike vloeistowwe soos semen of bloedplasma.
Goedere wat herroep is
Ons laat die volgende nie toe nie:
Inhoud wat poog om herroepte goedere te koop, verkoop, verhandel, die verhandeling daarvan te koördineer, te skenk, as geskenk gee, of daarvoor te vra.
Gebruikerservarings
Sien ’n paar voorbeelde van hoe handhawing vir mense op Facebook lyk, soos hoe dit lyk om iets te rapporteer wat jy dink nie op Facebook moet wees nie, om ingelig te word dat jy ons Gemeenskapstandaarde oortree het, en om ’n waarskuwingskerm bo-oor sekere inhoud te sien.
Neem kennis: Ons is voortdurend besig om te verbeter; dus kan wat jy hier sien, ietwat verouderd wees in vergelyking met wat ons tans gebruik.
GEBRUIKERSERVARING
Rapportering
GEBRUIKERSERVARING
Nárapporteringskommunikasie
GEBRUIKERSERVARING
Verwyderingservaring
GEBRUIKERSERVARING
Waarskuwingskerms
Data
Bekyk die jongste verslag oor die toepassing van gemeenskapstandaarde
Handhawing
Ons het wêreldwyd dieselfde beleide vir almal op Facebook.
Kontroleringspanne
Ons wêreldwye span van meer as 15 000 kontroleerders werk elke dag om mense op Facebook veilig te hou.
Betrokkenheid van belanghebbendes
Kundiges van buite, akademici, NRO’s en beleidmakers help om die Facebook Gemeenskapstandaarde vas te stel.
Kry hulp met verbode goedere en dienste
Vind uit wat jy kan doen indien jy iets op Facebook sien wat strydig met ons Gemeenskapstandaarde is.
Besoek ons Hulpsentrum