Misleidende inligting
Beleidsbesonderhede
VERANDERINGELOG
Vandag
08 Apr. 2025
14 Mrt. 2025
08 Jan. 2025
19 Jul. 2024
10 Jul. 2024
11 Jun. 2024
21 Mei 2024
07 Feb. 2024
06 Des. 2023
30 Sep. 2023
15 Jul. 2023
Beleidsrede
Misleidende inligting verskil van ander soorte spraak wat in ons Gemeenskapstandaarde hanteer word, want daar is geen manier om ’n omvattende lys te verskaf van wat verbied word nie. Met grafiese geweld of hatige gedrag spesifiseer ons beleide byvoorbeeld die inhoud wat ons verbied, en selfs persone wat nie met daardie beleide saamstem nie, kan dit volg. Met misleidende inligting kan ons egter nie so ’n riglyn verskaf nie. Die wêreld is konstant besig om te verander, en wat die een oomblik waar is, kan die volgende oomblik onwaar wees. Mense het ook verskillende vlakke inligting oor die wêreld rondom hulle, en mag glo dat iets waar is wanneer dit nie is nie. ’n Beleid wat eenvoudig “misleidende inligting” verbied, sou nie behulpsame kennis aan mense verskaf wat ons dienste gebruik nie en sou onafdwingbaar wees, omdat ons nie perfekte toegang tot inligting het nie.
Ons beleide sit eerder verskillende kategorieë van misleidende inligting uiteen en probeer om duidelike leiding te verskaf oor hoe ons daardie spraak hanteer wanneer ons dit sien. Vir elke kategorie weerspieël ons benadering ons poging om ons waardes van uitdrukking, veiligheid, waardigheid, egtheid en privaatheid te balanseer.
Ons verwyder misleidende inligting waar dit waarskynlik direk sal bydra tot die risiko van dreigende fisiese leed. Ons verwyder ook inhoud wat waarskynlik direk sal bydra tot inmenging met die funksionering van politieke prosesse. Om te bepaal wat misleidende inligting in hierdie kategorieë is, werk ons saam met onafhanklike kenners wat oor die kennis en kundigheid beskik om die waarheid van die inhoud en die waarskynlikheid dat dit direk sal bydra tot die risiko van dreigende leed, te beoordeel. Dit sluit in om byvoorbeeld met menseregteorganisasies wat in die betrokke land werksaam is, saam te werk om te bepaal of ’n gerug oor burgerlike konflik waar is.
Vir alle ander misleidende inligting fokus ons daarop om die voorkoms daarvan te verminder of ’n omgewing te skep wat ’n produktiewe gesprek bevorder. Ons weet dat mense dikwels misleidende inligting op onskadelike wyses gebruik, soos om ’n punt te oordryf (“Hierdie span het die swakste rekord in die geskiedenis van die sport!”) of op humoristiese of satiriese wyse (“My man het so pas Man van die Jaar gewen.”). Hulle kan ook hulle ervaring deel deur stories wat onakkuraathede bevat. In sommige gevalle deel mense diepgewortelde persoonlike menings wat ander as vals beskou, of deel inligting wat hulle glo waar is, maar wat ander as onvolledig of misleidend beskou.
Ons besef hoe algemeen sulke spraak is, en dus fokus ons op gebruikers te voorsien van inligting wat kan help wanneer daar potensieel misleidende of verwarrende inhoud is. As deel van daardie poging werk ons buite die Verenigde State van Amerika saam met derdeparty-feitekontroleringsorganisasies in baie dele van die wêreld om die akkuraatheid van die mees virale inhoud op ons platforms te kontroleer en gradeer (kyk hier en hier vir ons benadering in die Verenigde State van Amerika). Beginnende in die Verenigde State van Amerika help die Gemeenskapsnotaprogram mense om meer konteks te voeg by Facebook-, Instagram- en Threads-plasings wat potensieel misleidend of verwarrend is (kyk hier). Ons verskaf ook hulpbronne om media- en digitale geletterdheid te verbeter sodat mense self kan besluit wat om te lees, te vertrou en te deel. Ons vereis dat mense dit met gebruik van ons AI-openbaarmakingnutsding openbaar maak wanneer hulle onbetaalde inhoud plaas met fotorealistiese video of oudio wat realisties klink wat digitaal geskep of gewysig is, en ons kan strawwe toepas as hulle dit nie doen nie. Ons kan ook 'n etiket by sekere digitaal geskepte of veranderde inhoud voeg wat ’n besonder hoë risiko skep om mense oor ’n saak van openbare belang te mislei.
Ten slotte verbied ons inhoud en gedrag in ander gebiede wat dikwels oorvleuel met die verspreiding van misleidende inligting. Ons Gemeenskapstandaarde verbied byvoorbeeld vals rekeninge, bedrog, en gekoördineerde onbetroubare optrede.
Soos aanlyn en vanlyn omgewings verander en ontwikkel, sal ons voortgaan om hierdie beleide te ontwikkel. Rekeninge wat die misleidende inligting wat hier onder gelys word, herhaaldelik deel, kan, benewens dat daar ingevolge hierdie beleid teen hulle inhoud opgetree word, verminderde verspreiding of beperkings op hulle vermoë om te adverteer, ontvang, of van ons platforms verwyder word. Bykomende inligting oor wat gebeur wanneer Meta inhoud verwyder, kan hier gevind word.
Riglyne
Misleidende inligting wat ons verwyder:
Ons verwyder die volgende tipes misleidende inligting:
I. Fisiese leed of geweld
Ons verwyder misleidende inligting of onverifieerbare gerugte wat kundige vennote bepaal het moontlik direk sal bydra tot ’n risiko van dreigende gevaar of fisiese leed aan mense. Ons definieer misleidende inligting as inhoud met ’n bewering wat deur ’n gesaghebbende derde party as vals bepaal word. Ons definieer ’n onverifieerbare gerug as ’n bewering waarvan die bron, soos deur deskundige vennote bevestig, baie moeilik of onmoontlik is om op te spoor, waarvoor gesaghebbende bronne afwesig is, waar daar nie genoeg spesifisiteit is vir die bewering om afgewys te word nie, of waar die bewering te ongelowig of te irrasioneel is om waar te wees.
Ons weet dat misleidende inligting wat goedaardig mag voorkom in ’n spesifieke konteks kan bydra tot ’n risiko van vanlyn leed, insluitende dreigemente van geweld wat kan bydra tot ’n verhoogde risiko van dood, ernstige besering, of ander fisiese leed. Ons werk saam met ’n wêreldwye netwerk van nieregeringsorganisasies (NRO’s), organisasies sonder winsoogmerk, humanitêre organisasies en internasionale organisasies wat kundigheid in hierdie plaaslike dinamika het.
In lande wat ’n verhoogde risiko van gemeenskapsgeweld ervaar, werk ons proaktief saam met plaaslike vennote om te verstaan watter vals bewerings direk kan bydra tot ’n risiko van dreigende leed. Ons werk dan daaraan om inhoud te identifiseer en te verwyder wat daardie bewerings op ons platform maak. Byvoorbeeld, in gesprek met plaaslike kundiges, kan ons buite-konteks-media verwyder wat valslik beweer dat dit dade van geweld, slagoffers of plegers van geweld, wapens of militêre hardeware uitbeeld.
II. Skadelike misleidende inligting oor gesondheid
Ons konsulteer met vooraanstaande gesondheidsorganisasies om misleidende inligting oor gesondheid te identifiseer wat waarskynlik direk sal bydra tot dreigende leed aan openbare gesondheid en veiligheid. Die skadelike misleidende inligting oor gesondheid wat ons verwyder, sluit die volgende in:
- Misleidende inligting oor entstowwe. Ons verwyder misleidende inligting oor entstowwe hoofsaaklik wanneer openbare gesondheidsowerhede ooreenkom dat die inligting vals is en waarskynlik direk sal bydra tot dreigende entstofweiering. Dit sluit in:
- Entstowwe veroorsaak outisme (bv: “’n Toename in entstowwe is hoekom soveel kinders deesdae outisme het.”)
- Entstowwe veroorsaak Skielike Babadoodsindroom (bv: “Weet jy nie dat entstowwe SBDS veroorsaak nie?”
- Entstowwe veroorsaak die siekte waarteen hulle veronderstel is om te beskerm, of veroorsaak dat die persoon wat die entstof ontvang, ’n groter kans staan om die siekte te kry (bv: “Om’n entstof te kry, maak jou eintlik meer geneig om die siekte te kry, aangesien daar ’n stam van die siekte in is. Pasop!”)
- Entstowwe of hulle bestanddele is dodelik, toksies, giftig, skadelik of gevaarlik (bv: “Natuurlik kan jy entstowwe kry, as jy nie omgee om gif in jou liggaam te sit nie.”)
- Natuurlike immuniteit is veiliger as entstofverkrygde immuniteit (bv: “Dis die veiligste om net die siekte te kry eerder as die entstof.”)
- Dit is gevaarlik om verskeie entstowwe in ’n kort tydperk te kry, selfs al word daardie tydsberekening medies aanbeveel (bv: “Moet nooit meer as een entstof op dieselfde tyd neem nie, dit is gevaarlik – ek gee nie om wat jou dokter vir jou sê nie!”)
- Entstowwe voorkom nie effektief die siekte waarteen hulle voorgee om te beskerm nie. Vir die covid-19-, griep- en malaria-entstowwe verwyder ons egter nie bewerings dat daardie entstowwe nie besmetting met daardie virusse effektief voorkom nie. (Bv: Verwyder – “ Die polio-entstof doen niks om te keer dat jy die siekte kry nie”; Verwyder – “Entstowwe doen eintlik niks om te keer dat jy siektes kry nie”; Laat toe – "Die entstof keer nie dat jy covid-19 kry nie, daarom moet jy steeds sosiale afstand behou en ’n masker dra wanneer jy naby ander is.")
- Die verkryging van masels kan nie die dood veroorsaak nie (vereis bykomende inligting en/of konteks) (bv: “Moenie bekommerd daaroor wees oor of jy masels kry nie, dit kan nie dodelik wees nie.”)
- Vitamien C is so effektief soos entstowwe om siektes waarvoor die entstowwe bestaan, te voorkom.
- Misleidende inligting oor gesondheid gedure openbare gesondheidsnoodgevalle. Ons verwyder misleidende inligting gedurende openbare gesondheidsnoodgevalle wanneer openbare gesondheidsowerhede tot die gevolgtrekking kom dat die inligting vals is en waarskynlik direk bydra tot die risiko van dreigende fisiese leed, insluitende deur by te dra tot die risiko dat individue ’n skadelike siekte kry of versprei of ’n gepaardgaande entstof weier. Ons identifiseer openbare gesondheidsnoodgevalle in samewerking met wêreld- en plaaslike gesondheidsowerhede.
- Bevorder of pleit vir skadelike wondermiddels vir gesondheidskwessies. Dit sluit behandelings in waar die aanbevole toediening, in ’n gesondheidskonteks, waarskynlik direk sal bydra tot die risiko van ernstige besering of dood, en die behandeling geen wettige gesondheidsgebruik het nie (bv. bleikmiddel, ontsmettingsmiddel, swartsalf, bytsoda).
III. Kieser- of sensusinmenging
In ’n poging om verkiesings- en sensusintegriteit te bevorder, verwyder ons misleidende inligting wat direk kan bydra tot ’n risiko van inmenging in mense se vermoë om deel te neem aan daardie prosesse. Dit sluit die volgende in:
- Misleidende inligting oor die datums, plekke, tye, en metodes van stem, kieserregistrasie, of sensusdeelname.
- Misleidende inligting oor wie kan stem, kwalifikasies vir stem, of ’n stem getel sal word, en watter inligting of materiaal verskaf moet word om te kan stem.
- Misleidende inligting oor of ’n kandidaat deelneem of nie.
- Misleidende inligting oor wie aan die sensus kan deelneem en watter inligting of materiaal verskaf moet word om te kan deelneem.
- Misleidende inligting oor regeringsbetrokkenheid by die sensus, insluitende, waar toepaslik, dat ’n individu se sensusinligting gedeel sal word met ’n ander (nie-sensus-) regeringsagentskap.
- Vals of ongeverifieerde bewerings dat die VSA se departement van immigrasie- en doeane-afdwinging (IDA) by ’n stemlokaal is.
- Eksplisiete valse bewerings dat mense met covid-19 (of ’n ander oordraagbare siekte) geïnfekteer sal word as hulle aan die stemproses deelneem.
- Vals bewerings oor huidige toestande by ’n stemlokaal in die VSA wat dit onmoontlik sal maak om te stem, soos deur ’n verkiesingsowerheid geverifieer.
Ons het bykomende beleide wat die doel het om oproepe tot geweld, die bevordering van onwettige deelname, en oproepe tot gekoördineerde inmenging by verkiesings te dek, wat in ander afdelingsvan ons Gemeenskapstandaarde verteenwoordig word.
Vir die volgende inhoud sluit ons ’n etiket met inligting in:
Gemanipuleerde media
Media kan op ’n verskeidenheid maniere gewysig word. In baie gevalle is hierdie veranderinge goedaardig, soos inhoud wat om artistieke redes gesny of verkort word of musiek wat bygevoeg word. In ander gevalle is die manipulering nie duidelik nie en kan dit misleidend wees.
- Inhoud wat digitaal geskep of verander is wat mense kan mislei. Vir inhoud wat nie andersins die Gemeenskapstandaarde oortree nie, kan ons ’n informatiewe etiket op die gesig van inhoud plaas – of inhoud wat as ’n advertensie ingedien word, verwerp – wanneer die inhoud ’n fotorealistiese beeld of video is, of realisties klinkende oudio, wat digitaal geskep of verander is en ’n besonder hoë risiko skep om die publiek wesenlik oor ’n saak van openbare belang te mislei.
Gebruikerservarings
Sien ’n paar voorbeelde van hoe handhawing vir mense op Facebook lyk, soos hoe dit lyk om iets te rapporteer wat jy dink nie op Facebook moet wees nie, om ingelig te word dat jy ons Gemeenskapstandaarde oortree het, en om ’n waarskuwingskerm bo-oor sekere inhoud te sien.
Neem kennis: Ons is voortdurend besig om te verbeter; dus kan wat jy hier sien, ietwat verouderd wees in vergelyking met wat ons tans gebruik.
GEBRUIKERSERVARING
Rapportering
GEBRUIKERSERVARING
Narapporteringskommunikasie
GEBRUIKERSERVARING
Verwyderingservaring
GEBRUIKERSERVARING
Waarskuwingskerms
Handhawing
Ons het wêreldwyd dieselfde beleide vir almal op Facebook.
Kontroleringspanne
Ons wêreldwye span van meer as 15 000 kontroleerders werk elke dag om mense op Facebook veilig te hou.
Betrokkenheid van belanghebbendes
Kundiges van buite, akademici, NRO’s en beleidmakers help om die Facebook Gemeenskapstandaarde vas te stel.
Kry hulp met misleidende inligting
Vind uit wat jy kan doen indien jy iets op Facebook sien wat strydig met ons Gemeenskapstandaarde is.
Besoek ons Hulpsentrum