Uitbuiting van mense

Beleidsbesonderhede

VERANDERINGELOG
Beleidsrede
In ’n poging om skade te ontwrig en te voorkom, verwyder ons inhoud wat die uitbuiting van mense, insluitend mensehandel, fasiliteer of koördineer. Ons definieer mensehandel as die proses om iemand se vryheid vir gewin te ontneem. Dit is die uitbuiting van mense ten einde hulle te dwing om aan kommersiële seks, arbeid of ander aktiwiteite teen hulle wil deel te neem. Dit steun op misleiding, dwang, en verneder mense deur hulle van hul vryheid te ontneem terwyl ander ekonomies of wesenlik daarby baatvind.
Mensehandel is veelvlakkig en wêreldwyd; dit kan enigiemand beïnvloed ongeag ouderdom, sosio-ekonomiese agtergrond, ras, geslag of ligging. Dit neem baie vorms aan, en enige gegewe mensehandel situasie kan verskeie stadiums van ontwikkeling behels. Weens die dwingende aard van hierdie mishandeling kan slagoffers nie instem nie.
Terwyl ons versigtig moet wees om nie mensehandel en -smokkelary saam te smelt nie, kan hulle verwant wees en oorvleuel. Die Verenigde Nasies omskryf mense smokkelary as die verkryging of fasilitering van onwettige toegang tot ’n staat oor internasionale grense. Sonder noodsaaklikheid vir dwang of geweld, kan dit steeds die uitbuiting van kwesbare individue tot gevolg hê wat probeer om hul land van oorsprong te verlaat, dikwels in die strewe na ’n beter lewe. Mense smokkelary is ’n misdaad teen ’n staat wat op beweging staatmaak, en mensehandel is ’n misdaad teen ’n persoon wat op uitbuiting staatmaak.
Bykomend tot die veroordeling van inhoud, om bewusmaking of beriggewing oor mensehandel of smokkelary te kweek, laat ons inhoud toe wat vra vir of inligting deel oor persoonlike veiligheid en oorsteek van grense, soek van asiel of hoe om ‘n land te verlaat.
Moenie die volgende plaas nie:
Inhoud, aktiwiteite of interaksies wat mense werf vir, fasiliteer of uitbuit deur enige van die volgende vorms van mensehandel:
  • Sekshandel (enige kommersiële seksuele aktiwiteit met ’n minderjarige of enige kommersiële seksuele aktiwiteit met ’n volwassene wat geweld, bedrog of dwang behels)
  • Verkoop van kinders of onwettige aanneming
  • Weeshuishandel en vrywillige toerisme van weeshuise
  • Gedwonge huwelike (insluitende kinderhuwelike)
  • Arbeiduitbuiting (insluitende gebonde arbeid)
  • Huishoudelike diensbaarheid
  • Nie-regeneratiewe oorgaanhandel nie insluitend orgaanverwydering, skenking, of oorplanting in ‘n nie-uitbuitende orgaanskenking konteks
  • Gedwonge kriminele aktiwiteit (bv. gedwonge bedel, gedwonge dwelmhandel)
  • Werwing van kindersoldate
Inhoud waar 'n derdeparty-akteur werf vir, fasiliteer of voordeel trek uit (finansieel of andersins) kommersiële seksuele aktiwiteit
Inhoud wat aanbied om smokkel van mense aan te bied of te fasiliteer
Inhoud wat vra vir mensesmokkeldienste
Ons laat inhoud toe wat andersins deur hierdie beleid gedek word wanneer dit in die konteks van veroordeling, opvoeding, bewusmaking, of nuusberiggewing geplaas word.
Ingevolge ons beleide oor mense-uitbuiting kan ons kontroleerders en geoutomatiseerde stelsels ook ’n reeks gedragseine in berekening bring om oortredende rekeninge te help bespeur en daarteen op te tree.
  • Ons kan rekeninge verwyder op grond van hul interaksies met ander oortredende rekeninge, soektogte vir of interaksies met oortredende inhoud, of lidmaatskap in gemeenskappe (bv. groepe) wat ons verwyder het omdat ons beleide oortree is.
Vir die volgende Gemeenskapstandaarde vereis ons bykomende inligting en/of konteks om daarteen op te tree:
Ons kan inhoud verwyder wat ’n pos aanbied op plekke met ’n hoë risiko vir arbeidsmaguitbuiting wanneer dit deur wetstoepassers, plaaslike nieregeringsorganisasies of ander vertroude vennote bevestig is
Gebruikerservarings
Sien ’n paar voorbeelde van hoe handhawing vir mense op Facebook lyk, soos hoe dit lyk om iets te rapporteer wat jy dink nie op Facebook moet wees nie, om ingelig te word dat jy ons Gemeenskapstandaarde oortree het, en om ’n waarskuwingskerm bo-oor sekere inhoud te sien.
Neem kennis: Ons is voortdurend besig om te verbeter; dus kan wat jy hier sien, ietwat verouderd wees in vergelyking met wat ons tans gebruik.
GEBRUIKERSERVARING
Rapportering
GEBRUIKERSERVARING
Nárapporteringskommunikasie
GEBRUIKERSERVARING
Verwyderingservaring
GEBRUIKERSERVARING
Waarskuwingskerms
Handhawing
Ons het wêreldwyd dieselfde beleide vir almal op Facebook.
Kontroleringspanne
Ons wêreldwye span van meer as 15 000 kontroleerders werk elke dag om mense op Facebook veilig te hou.
Betrokkenheid van belanghebbendes
Kundiges van buite, akademici, NRO’s en beleidmakers help om die Facebook Gemeenskapstandaarde vas te stel.
Kry hulp met die uitbuiting van mense
Vind uit wat jy kan doen indien jy iets op Facebook sien wat strydig met ons Gemeenskapstandaarde is.
Besoek ons Hulpsentrum