Haatlike gedrag
Beleidsbesonderhede
VERANDERINGELOG
Vandag
07 Jan. 2025
29 Feb. 2024
05 Des. 2023
25 Mei 2023
23 Nov. 2022
28 Jul. 2022
30 Jun. 2022
24 Nov. 2021
28 Okt. 2021
23 Jun. 2021
28 Jan. 2021
18 Nov. 2020
12 Okt. 2020
23 Sep. 2020
11 Aug. 2020
30 Jul. 2020
22 Jun. 2020
26 Mrt. 2020
27 Feb. 2020
16 Des. 2019
30 Okt. 2019
26 Aug. 2019
30 Jul. 2019
01 Jul. 2019
20 Mrt. 2019
31 Aug. 2018
25 Mei 2018
Beleidsrede
Ons glo mense gebruik hul stem en verbind vryliker wanneer hulle nie voel hulle word aangeval op grond van wie hulle is nie. Dit is waarom ons nie haatlike gedrag op Facebook, Instagram, of Threads toelaat nie.
Ons definieer haatlike gedrag as direkte aanvalle teen mense eerder as teen konsepte of instellings op grond van wat ons beskermde karaktereienskappe (BE) noem, soos ras, etnisiteit, nasionaliteit, gestremdheid, geloofsverband, stam, seksuele oriëntering, geslag, geslagsidentiteit en ernstige siekte. Bykomend oorweeg ons ouderdom as ’n beskermde eienskap wanneer daar na verwys word saam met ’n ander beskermde eienskap. Ons beskerm ook vlugtelinge, migrante, immigrante en asielsoekers teen die ergste aanvalle (vlak 1 hier onder), alhoewel ons kommentaar op en kritiek van immigrasiebeleide toelaat. So verskaf ons ook sekere beskerming vir niebeskermde eienskappe soos beroepe, wanneer dit na verwys word saam met ’n beskermde eienskap. Soms, gebaseer op plaaslike nuanse, oorweeg ons sekere woorde of frases as gereeld gebruikte terme vir beskermde eienskappe.
Ons verwyder ontmenslikende spraak, bewerings van ernstige immoraliteit of misdadige gedrag en beledigings. Ons verwyder ook die gebruik van skadelike stereotipes, wat ons definieer as ontmenslikende vergelykings wat histories gebruik is om spesifieke groepe aan te val, te intimideer of uit te sluit en wat dikwels gekoppel word aan vanlyn geweld. Laastens verwyder ons ernstige beledigings, uitdrukkings van veragting of afsku, swetsery en versoeke om mense uit te sluit of af te sonder wanneer dit op grond van mense se beskermde eienskappe is. Ons verdeel hierdie spraak in twee vlakke van hewigheid, soos dit hier onder beskryf word.
Ons bevestig egter dat mense soms inhoud deel wat beledigings of iemand anders se woorde insluit om dit te veroordeel of bewusmaking te kweek. In ander gevalle kan spraak, insluitende beledigings wat andersins ons standaarde kan oortree, selfverwysend of op ’n bemagtigende manier gebruik word. Ons laat hierdie soort spraak toe wanneer die spreker se bedoeling duidelik is. Waar die bedoeling onduidelik is, kan ons inhoud verwyder.
Soms gebruik mense taak wat eksklusief tot geslags- of genderidentiteit beperk is wanneer daar verwys word na toegang tot spasies wat dikwels volgens geslag of genderidentiteit beperk word, soos toegang tot badkamers, spesifieke skole, wat spesifiek met millitêre, wetstoepassings- of opvoedingsrolle verband hou, en gesondheids- of ondersteuningsgroepe. Ander kere is daar versoeke vir uitsluiting of gebruik van beledigende taal in die konteks van bespreking van politieke of godsdiensonderwerpe soos wanneer transgenderregte, immigrasie of homoseksualiteit bespreek word. Laastens vloek mense ook ’n gender in die konteks van beëindiging van ’n romantiese verhouding. Ons beleide is ontwerp om ruimte vir hierdie soort spraak te laat.
Moenie die volgende plaas nie:
Vlak 1
Inhoud wat ’n persoon of groep mense teiken (behalwe groepe wat beskryf word as dié wat gewelds- of seksuele misdaad gepleeg het of minder as die helfte van ’n groep verteenwoordig) op grond van hul voorafgenoemde beskermde eienskap(pe) of immigrasiestatus in skriftelike of visuele vorm met:
- Ontmenslikende spraak in die vorm van vergelykings met of veralgemenings oor diere, patogene of ander lewensvorms wat nie menslik is nie, insluitende:
- Insekte (insluitende, maar nie beperk nie, tot kakkerlakke, sprinkane)
- Diere in die algemeen of spesifieke tipe diere wat kultureel beskou word as ondergeskik (insluitend maar nie beperk tot: Swart mense en ape of aapagtige wesens; Joodse mense en rotte; Moslemmense en varke; Meksikaanse mense en wurms)
- Bakterieë, virusse, of mikrobes
- Minder as mense (insluitende, maar nie beperk nie, tot barbare, satanskinders, monsters)
- Bewerings van ernstige immoraliteit en misdadigheid:
- Seksuele predatore (insluitende, maar nie beperk nie, tot: Moslemmense wat omgang het met bokke of varke)
- Gewelddadige misdadigers (insluitende, maar nie beperk nie, tot terroriste en moordenaars)
- Versoeke en wense vir die volgende leed (ernstige of spesifieke dreigemente en versoeke vir geweld word in ons beleid oor geweld en aanhitsing aangespreek):
- Doen ’n siekte op
- Ervaar ’n natuurlike ramp
- Selfbesering of selfdood
- Sterf sonder ’n oortreder of metode
- Ongelukke en ander fisieke leed wat óf deur geen oortreder óf deur ’n god
- Skadelike sterotipes wat histories gekoppel is aan intimidasie of geweld, soos “blackface”; Ontkenning dat die Joodse volksmoord plaasgevind het, bewerings dat Joodse mense finansiële, politieke of media-instellings beheer, verwysings na uitgeworpenes as hande-arbeiders, en om swart mense met plaasimplemente te vergelyk.
- Bespotting van die konsep, gebeure of slagoffers van haatmisdade selfs al word geen werklike persoon in die foto uitgebeeld nie.
- Bespotting van mense omdat hulle ’n siekte het.
- Inhoud wat mense met beledigings beskryf of negatief teiken. Beledigings word omskryf as woorde wat inherent ’n atmosfeer van uitsluiting en intimidasie teen mense skep op grond van ’n beskermde eienskap, dikwels omdat hierdie woorde gekoppel is aan historiese diskriminasie, onderdrukking en geweld.
Vlak 2
Inhoud wat ’n persoon of groep mense teiken op grond van hulle beskermde eienskap(pe) (in geskrewe of visuele vorm) met:
- Versoeke of ondersteuning vir uitsluiting of afsondering of woorde wat bedoel is om mense uit te sluit of af te sonder, wat omskryf is as:
- Algemene uitsluiting wat beteken om algemene uitsluiting of afsondering te versoek, soos “Geen X word toegelaat nie!”
- Politieke uitsluiting, wat beteken om die reg tot politieke deelname te weier of om tronkstraf of ontkenning van politieke regte aan te voer.
- Ekonomiese uitsluiting, wat beteken dat toegang tot ekonomiese aansprake geweier word en deelname aan die arbeidsmark beperk word. Ons laat inhoud toe wat gendergebaseerde beperkings op militêre, wetstoepassings- en onderwysposte aanvoer. Ons laat ook dieselfde inhoud toe op grond van seksuele oriëntasie wanneer die inhoud op godsdienstige oortuigings gebaseer is.
- Sosiale uitsluiting wat dinge beteken soos om toegang tot ruimtes (fisies en aanlyn) en maatskaplike dienste te weier, behalwe vir geslags- of genderidentiteitsgebaseerde uitsluiting van ruimtes wat algemeen op grond van geslag of gendersidentiteit beperk word, soos badkamers, sport- en sportliga’s, gesondheids- en ondersteuningsgroepe, en spesifieke skole.
- Beledigings, insluitende dié oor:
- Karakter, insluitende, maar nie beperk nie, tot bewerings van lafhartigheid, oneerlikheid, basiese misdadige gedrag, en seksuele ontug of ander seksuele immoraliteit.
- Geestesgesondheidseienskappe, insluitende, maar nie beperk nie, tot bewerings van onnoselheid, intellektuele kapasiteit en geestesgesondheidsiekte, en ongesteunde vergelykings tussen BE-groepe op grond van inherente intellektuele kapasiteit. Ons laat bewerings van geestesgesondheidsiektes of abnormaliteite toe wanneer dit gebaseer is op gendersidentiteit- of seksuele oriëntasie gegewe die politieke en godsdienstige diskoers oor transgenderisme en homoseksualiteit en algemene nie-ernstige gebruik van woorde soos “vreemd”.
- Ander areas, insluitende, maar nie beperk nie, tot bewerings van waardeloosheid, nutteloosheid, lelikheid en vuilheid.
- Uitdrukkings wat daarop dui dat die teiken mens siek maak, insluitende, maar nie beperk nie, tot “jy laat my kots”.
- Geteikende vloektaal, behalwe sekere gendergebaseerde gevloek in die konteks van ’n romantiese verhouding wat verbreek is, wat omskryf word as:
- Geteikende gebruik van “fok” of variasies van “fok” met die bedoeling om te beledig, soos byvoorbeeld “Fok die [beskermde eienskap]!”
- Terme of frases wat versoek vir betrokkenheid in seksuele aktiwiteit, of kontak met geslagsdele, anus, ontlasting of urien, insluitende maar nie beperk nie, tot gaan trek draad, jou ma se poes, gaan kak.
Vir die volgende Gemeenskapstandaarde vereis ons bykomende inligting en/of konteks om daarteen op te tree:
Moenie die volgende plaas nie:
- Inhoud wat eksplisiet produkte of dienste verskaf of aanbied wat ten doel het om mense se seksuele oriëntasie of geslagsidentiteit te verander.
- Inhoud wat konsepte, instellings, idees, praktyke, of oortuigings aanval wat geassosieer is met beskermde karaktereienskappe, wat waarskynlik sal bydra tot dreigende fisiese leed, intimidasie of diskriminasie teen die mense wat met daardie beskermde karaktereienskap geassosieer word. Meta kyk na ‘n reeks seine om te bepaal of daar ‘n dreigement van leed in die inhoud is. Hierdie sluit in maar is nie beperk tot: inhoud wat dreigende geweld of intimidasie kan aanhits; hetsy daar ‘n periode van verhoogde spanning is soos wat ‘n verkiesing voortgaan of voortdurende konflik; en of daar ‘n onlangse geskiedenis van geweld teen die beskermde groep is wat geteiken word nie. In sommige gevalle, mag ons ook oorweeg of die spreker ’n openbare figuur is of ’n gesagsposisie beklee.
In sekere gevalle sal ons inhoud toelaat wat andersins die Gemeenskapstandaarde oortree wanneer ons bepaal het dat die inhoud satiries is. Inhoud sal slegs toegelaat word indien die oortredende elemente van die inhoud satiries is of toegeskryf word aan iets of iemand anders om hulle te spot of te kritiseer.
Gebruikerservarings
Sien ’n paar voorbeelde van hoe handhawing vir mense op Facebook lyk, soos hoe dit lyk om iets te rapporteer wat jy dink nie op Facebook moet wees nie, om ingelig te word dat jy ons Gemeenskapstandaarde oortree het, en om ’n waarskuwingskerm bo-oor sekere inhoud te sien.
Neem kennis: Ons is voortdurend besig om te verbeter; dus kan wat jy hier sien, ietwat verouderd wees in vergelyking met wat ons tans gebruik.
GEBRUIKERSERVARING
Rapportering
GEBRUIKERSERVARING
Narapporteringskommunikasie
GEBRUIKERSERVARING
Verwyderingservaring
GEBRUIKERSERVARING
Waarskuwingskerms
Data
Bekyk die jongste verslag oor die toepassing van gemeenskapstandaarde
Handhawing
Ons het wêreldwyd dieselfde beleide vir almal op Facebook.
Kontroleringspanne
Ons wêreldwye span van meer as 15 000 kontroleerders werk elke dag om mense op Facebook veilig te hou.
Betrokkenheid van belanghebbendes
Kundiges van buite, akademici, NRO’s en beleidmakers help om die Facebook Gemeenskapstandaarde vas te stel.
Kry hulp met haatlike inhoud
Vind uit wat jy kan doen indien jy iets op Facebook sien wat strydig met ons Gemeenskapstandaarde is.
Besoek ons Hulpsentrum