Bedrog, swendelary en misleidende praktyke

Beleidsbesonderhede

VERANDERINGELOG
Beleidsrede
Ons doel is om gebruikers en besighede daarteen te beskerm om ten opsigte van hulle geld, eiendom of persoonlike inligting bedrieg te word. Ons bewerkstellig dit deur inhoud te verwyder en gedrag te beveg wat opsetlik bedrieglike middele (soos moedswillige wanvoorstelling, gesteelde inligting en oordrewe stellings) gebruik om gebruikers en besighede óf te swendel óf te bedrieg, of om interaksie aan te dryf. Dit sluit inhoud in wat poog om hierdie aktiwiteite te koördineer of te bevorder deur ons dienste te gebruik. Ons laat mense toe om bewustheid te skep en ander op te voed, sowel as om hierdie aktiwiteite te veroordeel.
Ons laat nie die volgende toe nie:
Inhoud wat probeer om gebruikers en/of sakeondernemings deur middel van die volgende te swendel of te bedrieg:
Bedrog en swendelary met betrekking tot lenings
Inhoud wat:
  • Lenings aanbied waar die gebruiker eers ’n fooi moet betaal om ’n lening te kry.
  • Lenings aanbied waar goedkeuring gewaarborg of so te sê gewaarborg word, hetsy uitdruklik genoem of deur die konteks geïmpliseer (soos beloftes om die lening goed te keur sonder om vir finansiële inligting te vra).
  • Let wel: Ons kyk ook na ander tekens om te bepaal of ’n entiteit wettige, niebedrieglike inhoud plaas, soos wanneer dit ’n geverifieerde entiteit en ’n bank of finansiële instelling is.
Bedrog en swendelary met betrekking tot dobbel
Inhoud wat:
  • dienste vir dobbel met regte geld aanbied (“regte geld” is werklike geldeenhede wat gebruik kan word om goedere en dienste in die regte wêreld aan te koop, insluitende nasionale geldeenhede soos Amerikaanse dollars en virtuele geldeenhede soos Bitcoin):
    • wat waarborg dat ’n mens sal wen.
    • wat impliseer of erken dat die uitslag van ’n spel of ’n wedstryd gemanipuleer is.
    • wat mense lok om wedstrydknoeiery moontlik te maak of hulp daarmee soek of wenke oor hoe om ’n wedstryd of spel te manipuleer.
Sosiale casinospeletjies wat dobbel naboots sonder die kans om regte geld te wen, val onder ons gemeenskapstandaarde vir beperkte goedere en dienste.
Bedrog en swendelary met betrekking tot beleggings of finansies
  • Beleggingsgeleenthede. Inhoud wat:
    • Beleggingsgeleenthede aanbied waar beleggingopbrengs gewaarborg of risikovry is.
    • Beleggingsgeleenthede aanbied waar beleggingopbrengs of vergoeding gedeeltelik of volledig gegrond is op die werwing van ander mense om aan die skema deel te neem.
    • Beleggingsgeleenthede aanbied waar die geleentheid “kitsrykword” van aard is en/of belowe dat ’n klein belegging in ’n groot bedrag omgeskakel kan word.
  • Swaai van geld/kontant. Inhoud wat:
    • Aanbied om ’n sekere bedrag geld in ’n groter bedrag om te skakel deur dit te swaai, of deur middel van ’n slenter of strategie wat “cash flip”, “money flip” of soortgelyke terminologie gebruik.
Bedrog en swendelary met betrekking tot geldsmokkelary en geldwassery
  • Geldsmokkelary. Inhoud wat:
    • Aanbiedings maak of versoeke rig vir geldsmokkelary (waar slagoffers onwetend aan geldwassery deelneem deur geld of winsdeling aan te bied in ruil daarvoor dat ander mense hulle bankrekeninge gebruik of deur geld namens iemand anders oor te dra).
    • Aanbiedings maak of versoeke rig vir geldsmokkelary deur werk aan te bied om geld te aanvaar en aan derde partye oor te plaas deur die slagoffer se bankrekening te gebruik
  • Geldwassery. Inhoud wat:
    • Versoeke of werwingspogings rig vir of aanbiedinge bevat om geldwassery te fasiliteer. Dit is ’n poging om geld wettig te laat lyk deur die oorsprong daarvan te verberg deur ’n komplekse reeks finansiële transaksies, insluitende deur enige van die volgende middele te gebruik:
      • Probeer om fondse deur SWIFT (Society for Worldwide Interbank Financial Telecommunications) of ander metodes oor te plaas,
      • Versoeke vir of aanbieding van besonderhede oor tipes bankrekeninge wat beskikbaar is om die ontvangs of oorplasing van kontant te ondersteun.
Bedrog en swendelary met betrekking tot onegte identiteit
Inhoud wat:
  • Probeer om gebruikers te swendel of te bedrieg deur die identiteit van die plaser of aard van die versoek wan voor te stel:
    • Liefdadigheidsbedrog en -swendelary, wat bedrieglike versoeke vir geld of skenkings vir liefdadigheid is, saam met stellings dat die skenking dringend is en wat inligting, soos bankrekeninge, insluit waarheen geld gestuur kan word.
    • Bedrog en swendelary met betrekking tot liefdesverhoudings. Dit is bedrieglike pogings om aanlyn romantiese verhoudings aan te knoop deur te vra vir nieseksuele geselskap of verhoudings en dan geld of ’n ekwivalent in ruil aan te bied of te versoek.
    • Bedrog en swendelary met betrekking tot gevestigde besighede of entiteite. Dit behels die vals voorwendsel om ’n gevestigde besigheid of entiteit te verteenwoordig of namens hulle te praat in ’n poging om te swendel of te bedrieg.
Bedrog en swendelary met betrekking tot produkte of belonings
  • Bedrog en swendelary met betrekking tot regeringstoelae. Inhoud wat:
    • Valslik geld van regeringstoelae of enige ander regeringsfinansieringsbron aanbied. Ons oorweeg verskeie tekens om te bepaal of ’n entiteit wettige, niebedrieglike inhoud plaas, soos wanneer dit van ’n geverifieerde entiteit kom.
  • Bedrog en swendelary met betrekking tot tasbare bates, geestelike sake of die Illuminati. Inhoud wat:
    • Tasbare belonings bied, soos geld, goedere of dienste met ’n geldwaarde, insluitende fisiese, digitale en virtuele geldeenhede, en fisiese of digitale goedere en dienste vir lidmaatskap aan of aansluiting by ’n vereniging, kultus, godsdienstige sekte (soos byvoorbeeld die Illuminati-organisasie).
    • Tasbare belonings bied vir die gebruik van swartkuns of magiese items (byvoorbeeld towerspreuke, gelukbringers, amulette, aandenkings, doepas, towerbeursies, ens.).
  • Bedrog en swendelary met betrekking tot versekering. Inhoud wat:
    • Versekering bied met vals of groot afslag, met versoeke vir ’n voorafbetaling (administrasiefooi, of deposito, of soortgelyk).
    • Versekering bied met vals of groot afslag, met beloftes van groot besparings op versekering in vergelyking met konvensionele versekeringsverskaffers (minstens 30% minder).
    • Let wel: Ons kyk ook na ander tekens om te bepaal of ’n entiteit wettige, niebedrieglike inhoud plaas, soos wanneer dit ’n geverifieerde entiteit en ’n bank of finansiële instelling is
  • Bedrog en swendelary met betrekking tot werksgeleenthede. Inhoud wat:
    • Werksgeleenthede bied met ’n onduidelike of vae posbeskrywing en kitsrykword-geleenthede wat geld vir min tydsinsette of moeite vereis.
    • Werksgeleenthede bied wat geen posinligting bevat nie, maar slegs na oop poste verwys.
    • Geleenthede bied om van die huis af te werk, maar die postitel impliseer dat die werknemer nie van die huis af kan werk nie.
    • Werksgeleenthede bied met beloftes van salarisvoorskotte.
    • Werksgeleenthede waarborg.
    • Werksgeleenthede bied wat eers ’n fooi eis voor die werk gegee word.
    • Let wel: Ons kyk ook na ander tekens om te bepaal of ’n entiteit wettige, niebedrieglike inhoud plaas, soos wanneer dit ’n geverifieerde entiteit is
  • Bedrog en swendelary met betrekking tot skuldverligting en herstel van krediet. Inhoud wat:
    • Beloof om skuld van ’n spesifieke bedrag binne ’n vasgestelde tydperk uit te wis, te elimineer of te verminder.
    • Beloof om alle skuldinvorderings of hofsake te stop of uit te wis.
    • Beloof om skuld deur middel van ’n “nuwe regeringsprogram”, ’n verandering in die wet of ekwivalente stelling kwyt te skeld of te kanselleer.
    • Beloof om kredietinligting van kredietverslae uit te vee of te verwyder, of om ’n nuwe “kredietidentiteit” te skep.
    • Let wel: Ons kyk ook na ander tekens om te bepaal of ’n entiteit wettige, niebedrieglike inhoud plaas, soos wanneer dit ’n geverifieerde entiteit en ’n bank of finansiële instelling is
  • Bedrog en swendelary met betrekking tot weggeeprysgeleenthede Inhoud wat:
    • ’n Gewaarborgde beloning van regte geld bied in ruil dat gebruikers die volgende moet doen:
      • By ’n skakel buite die webwerf registreer.
      • Persoonlik identifiseerbare inligting (PII) of ander persoonlike inligting deel.
      • Deur middel van privaat boodskappe buite die platform of op die platform kontak maak.
      • Geen aksie neem nie.
  • Bedrog en swendelary met betrekking tot voorafgelde. Inhoud wat:
    • Valslik geld beloof in ruil daarvoor dat ’n fooi/elektroniese oordrag/betaling vooraf gedoen word.
Bedrog en swendelary met betrekking tot vals dokumente
  • Fop- of vervalste dokumente. Inhoud wat:
    • Aanbied om fop- of vervalste dokumente te bekom, te skep, te verkoop, aan te koop of te verhandel.
    • Die verkoop van visums of groenkaarte bied.
    • Die goedkeuring van visums of groenkaarte waarborg.
    • Gebruikers in staat stel om visumgoedkeuring te kry sonder om aan die gewone vereistes te voldoen.
  • Fop- of vervalste geldeenhede. Inhoud wat:
    • Aanbied om fop- of vervalste geldeenhede te verkoop, te koop of te verhandel, behalwe vir bordspelgeldeenhede (bv. Monopoly-geld) as daar duidelike konteks is dat dit vir bordspeldoeleindes is.
  • Fop- of vervalste koepons. Inhoud wat:
    • Aanbied om fop- of vervalste koepons te deel, te verkoop, te koop of te verhandel.
    • Die gebruik erken van fisiese of digitale koopbewyse of koepons, of die gebruik daarvan versoek om atipiese pryse te kry deur:
      • koopbewyse of koepons te gebruik om items te koop waarvoor daardie koopbewyse of koepons nie bedoel is nie; of
      • deur koopbewyse of koepons te gebruik wat verval het.
  • Fop- of vervalste opvoedings- en professionele sertifikate. Inhoud wat:
    • Aanbied om fop- of vervalste opvoedings- en professionele sertifikate te verkoop, te koop of te verhandel.
Bedrog en swendelary met betrekking tot gesteelde inligting, goedere of dienste
  • Bedrog en swendelary met betrekking tot kaarte. Inhoud wat:
    • Die koop, verkoop of verhandeling van gesteelde kredietkaarte of ander finansiële instrumente behels wat vir ongemagtigde aankope gebruik kan word (ook bekend as “carding”).
  • Bedrog en swendelary met betrekking tot PII. Inhoud wat:
    • Aanbied om persoonlik identifiseerbare inligting (PII) of ander persoonlike inligting te koop, te verkoop of te verhandel, behalwe as dit aan ’n fiktiewe karakter behoort.
  • Bedrog en swendelary met betrekking tot vals resensies. Inhoud wat:
    • Vra vir die koop, verkoop of verhandeling van produkresensies/-graderings.
    • Gebruikers implisiet of uitdruklik aanspoor om resensies te verskaf in ruil vir afslag, terugbetalings of gratis items.
  • Bedrog en swendelary met betrekking tot intekenings. Inhoud wat:
    • Aanbied om intekenbesonderhede vir intekeningdienste (aanmeldbesonderhede vir aanlyn dienste wat ’n herhalende betaling teen gereelde intervalle vereis) te koop, verkoop of te verhandel deur na betaalde aanlyn dienste te verwys, hetsy deur dit te noem of deur hulle logo te deel.
    • Let wel: Ons kyk ook na ander tekens om te bepaal of ’n entiteit wettige, niebedrieglike inhoud plaas, soos wanneer dit ’n geverifieerde entiteit en ’n bank of finansiële instelling is.
  • Bedrog en swendelary met betrekking tot kullery. Inhoud wat:
    • Deel, verkoop, handel of koop van die volgende behels:
      • Toekomstige eksamenvraestelle of antwoordstelle.
      • Produkte of dienste wat mens in staat stel om in eksamens te kul.
      • Produkte of dienste wat mens in staat stel om ’n dwelmtoets op ’n ongemagtigde manier te slaag
Bedrog en swendelary met betrekking tot ongemagtigde gebruik van toestelle
  • Bedrog en swendelary met betrekking tot toestelmanipulasie. Inhoud wat
    • Vra vir die koop, verkoop of verhandeling van enige gemanipuleerde, aangepaste of vervalste metingstoestelle.
    • Die gebruik erken van fisiese manipulasie van toestelle erken of die gebruik daarvan bevorder of versoek om onakkurate pryse te bewerkstellig.
  • Bedrog en swendelary van digitale inhoud. Inhoud wat
    • Produkte aanbied of versoek wat toegang tot digitale inhoud in ’n ongemagtigde wyse fasiliteer of aanmoedig. Dit sluit in maar is nie beperk nie tot: versterkte steltopbokse, volgelaaide-/KODI-geïnstalleerde bokse en KODI-dienste.
Bedrieglike en misleidende praktyke
  • Misleidende gesondheidspraktyke. Inhoud wat
    • Vals of misleidende gesondheidsaansprake of -waarborge in ’n gewigsverlieskonteks bemark deur klikaastaktieke, soos die gebruik van sensasionele bewoording wat oordrewe of ekstreme aansprake maak, in te span
Vir die volgende inhoud beperk ons die vermoë om die inhoud te sien tot volwassenes van 18 jaar en ouer:
Inhoud wat
  • Spesifieke gewigsverliesresultate binne ’n sekere tyd sonder enige kwalifiserende of vrywaringstaal beloof.
Ten spyte van bogenoemde, verbied ons nie inhoud wat bedrog en swendelary veroordeel, mense bewus maak daarvan of daaroor inlig nie, sonder om óf sensitiewe inligting te onthul óf bedrog of swendelary te bevorder nie
Vir die volgende Gemeenskapstandaarde vereis ons bykomende inligting en/of konteks om daarteen op te tree:
  • Ons kan die volgende inhoud verwyder:
    • Inhoud wat bedrog/swendelary behels wat deur ’n vertroude entiteit gerapporteer is.
    • Inhoud wat verband hou met omkopery of verduistering.
    • Inhoud wat entstowwe bied in ’n poging of gebruikers te swendel of te bedrieg.
    • Inhoud wat vals voorgee om iemand te wees, voorgee om ’n beroemde persoon te wees, of ongemagtig gebruik maak van ’n foto van ’n beroemde persoon om mense te bedrieg of te mislei.
    • Inhoud wat produkte of dienste aanbied of versoek wat ontwerp is om die onderduimse bekyking of opname van individue, bv. geheime kameras, selfoonspoorders (insluitende dié wat toelaat dat onbekende foonnommers nagespoor kan word), of ander versteekte waarnemingstoerusing te fasiliteer.
    • Inhoud wat litigantwerwingsgeleenthede bied vir mense om aan groepsgedinghofsake deel te neem deur ’n regeringsentiteit of nuusagentskap na te boots met die gebruik van sensasionele bewoording, of deur oordrewe aansprake te maak.
    • Inhoud wat intekeningdienste bied wat gebruikers aanpor om persoonlike inligting in te voer.
    • Ons laat nie entiteite toe om deel te neem of voor te gee om aan georganiseerde bedrog- of swendelgedrag deel te neem nie, insluitende die gebruik van verskeie rekeninge in ons dienste om gesamentlik bedrog te pleeg.
In sommige gevalle laat ons inhoud toe wat andersins die gemeenskapstandaarde oortree wanneer daar gevind word dat die inhoud satiries is. Inhoud sal slegs toegelaat word indien die oortredende elemente van die inhoud satiries is of toegeskryf word aan iets of iemand anders om hulle te spot of te kritiseer.
Gebruikerservarings
Sien ’n paar voorbeelde van hoe handhawing vir mense op Facebook lyk, soos hoe dit lyk om iets te rapporteer wat jy dink nie op Facebook moet wees nie, om ingelig te word dat jy ons Gemeenskapstandaarde oortree het, en om ’n waarskuwingskerm bo-oor sekere inhoud te sien.
Neem kennis: Ons is voortdurend besig om te verbeter; dus kan wat jy hier sien, ietwat verouderd wees in vergelyking met wat ons tans gebruik.
GEBRUIKERSERVARING
Rapportering
GEBRUIKERSERVARING
Nárapporteringskommunikasie
GEBRUIKERSERVARING
Verwyderingservaring
GEBRUIKERSERVARING
Waarskuwingskerms
Handhawing
Ons het wêreldwyd dieselfde beleide vir almal op Facebook.
Kontroleringspanne
Ons wêreldwye span van meer as 15 000 kontroleerders werk elke dag om mense op Facebook veilig te hou.
Betrokkenheid van belanghebbendes
Kundiges van buite, akademici, NRO’s en beleidmakers help om die Facebook Gemeenskapstandaarde vas te stel.
Kry hulp met bedrog, swendelary en misleidende praktyke
Vind uit wat jy kan doen indien jy iets op Facebook sien wat strydig met ons Gemeenskapstandaarde is.
Besoek ons Hulpsentrum