Gevaarlike organisasies en individue
Beleidsbesonderhede
VERANDERINGELOG
Vandag
19 Mrt. 2026
08 Feb. 2024
29 Des. 2023
29 Aug. 2023
27 Apr. 2023
23 Des. 2021
24 Nov. 2021
15 Okt. 2021
26 Aug. 2021
23 Jun. 2021
22 Okt. 2020
27 Aug. 2020
27 Feb. 2020
10 Okt. 2019
27 Sep. 2019
28 Des. 2018
Beleidsrede
Om regtewêreld-skade te probeer voorkom en ontwrig, laat ons nie organisasies of individue wat ’n gewelddadige missie verkondig toe om ’n teenwoordigheid op ons platforms te hê nie. Ons evalueer hierdie entiteite op hulle aanlyn en vanlyn gedrag, met spesifieke fokus op hulle bande met geweld. Volgens hierdie beleid wys ons individue, organisasies en netwerke van mense uit. Hierdie uitwysings word in twee vlakke opgedeel wat die graad van inhoudafdwinging aandui, waar Vlak 1 tot die omvattendste afdwinging lei omdat ons dink dat hierdie entiteite die mees direkte bande met vanlyn leed het.
Vlak 1 fokus op entiteite wat by ernstige vanlyn leed betrokke is – insluitende om geweld teen burgerlikes te reël of te bevorder, om mense met beskermde eienskappe herhaaldelik te ontmens of leed teenoor hulle te bevorder, of om by stelselmatige kriminele bedrywighede betrokke te raak. Vlak 1 sluit in haatorganisasies, kriminele organisasies, insluitende dié wat deur die regering van die Verenigde State aangewys is as Specifically Designated Narcotics Trafficking Kingpins (SDNTK’s), en terreurorganisasies, insluitende entiteite en individue wat deur die regering van die Verenigde State as Foreign Terrorist Organizations (FTO’s) of Specially Designated Global Terrorists (SDGT’s) aangewys is. Ons verwyder verheerliking, ondersteuning, en verteenwoordiging van Vlak 1-entiteite, hulle leiers, stigters of prominente lede, sowel as vae verwysings na hulle.
Ons laat ook nie inhoud toe wat geleenthede wat Meta as oortredende gewelddadige geleenthede uitgewys het, verheerlik, ondersteun of verteenwoordig nie – insluitende terreuraanvalle, haatvoorvalle, geweld of pogings van geweld teen veelvoudige slagoffers, reeksmoorde of haatmisdade. Ons laat ook nie (1) verheerliking, ondersteuning of verteenwoordiging van die oortreder(s) van sulke aanvalle toe nie; (2) inhoud wat deur die oortreder genereer is wat verband hou met sulke aanvalle; of (3) derdepartyprente wat die oomblik van sulke aanvalle op sigbare slagoffers uitbeeld nie. Ons verwyder ook inhoud wat ideologieë wat haat bevorder, soos nazisme en wit oorheersing, verheerlik, ondersteun of verteenwoordig. Ons verwyder vae verwysings na hierdie uitgewysde geleenthede of ideologieë.
Vlak 2sluit in gewelddadige daders wat nie aan die regering verbonde is nie wat geweld teenoor die staat pleeg, of militêre daders in gewapende konflik, maar wat burgerlikes nie opsetlik teiken nie. Dit sluit ook entiteite in wat geweld uitlok wat betrokke is by of voorberei vir toekomstige geweld, maar wat tot op hede nog nie noodwendig tot geweld oorgegaan het nie. Dit is ook entiteite wat ons beleide oor Haatlike gedrag of Gevaarlike organisasies en individue herhaaldelik op of buite ons platforms oortree. Ons verwyder verheerliking, materiële ondersteuning en verteenwoordiging van hierdie entiteite, hulle leiers, stigters of prominente lede.
Ons besef dat gebruikers inhoud kan deel wat verwysings insluit na uitgewysde gevaarlike organisasies en individue in die konteks van sosiale en politieke besprekings. Dit sluit inhoud in wat berig doen oor gevaarlike organisasies en individue of hulle aktiwiteite, of wat dit neutraal bespreek of veroordeel.
Nuusberigte sluit inligting in wat gedeel word om bewustheid te skep oor plaaslike en wêreldwye gebeurtenisse waarby uitgewysde gevaarlike organisasies en individue betrokke is.
- Bv. “Nuus sopas in: Al-Shabab het verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval in Somalië
- Bv. “Tydlyn en kundige ontleding: Hoe die skietery by die Supermark in Buffalo ontvou het en wat die oortreder in die hof gesê het”
Neutrale bespreking sluit feitelike stellings, opmerkings, vrae en ander inligting in wat nie ’n positiewe mening oor die uitgewysde gevaarlike organisasie of individu en hulle optrede uitdruk nie.
- Bv. “Al Qaeda is ’n kleiner bedreiging as ISIS as gevolg van die gebrek aan leierskap en finansiering”
- Bv. “Anders Breivik is een voorbeeld van hoe ingewikkeld die radikaliseringsproses kan wees”
Veroordeling sluit afkeur, walging, verwerping, kritiek, bespotting en ander negatiewe uitdrukkings oor ’n uitgewysde gevaarlike organisasie of individu en hulle gedrag in.
- Bv. “Ek is gewalg deur Salvador Ramos se misdaad. Die regter se woorde het regtig by my aanklank gevind. Die hof moet geen genade aan hom betoon nie”
- Bv. “Hitler se misdade sal nooit vergeet word nie. Dit was van die donkerste oomblikke in die geskiedenis”
Ons beleide is ontwerp om ’n ruimte vir sulke soort besprekings te skep terwyl dit terselfdertyd die risiko’s van potensiële vanlyn leed beperk. Ons vereis dus dat mense hulle bedoeling duidelik maak wanneer hulle sulke inhoud skep of deel. As ’n gebruiker se bedoeling dubbelsinnig of onduidelik is, sal ons die inhoud by verstek verwyder.
In ooreenstemming met internasionale wetgewing oor menseregte, laat ons beleide besprekings toe oor die menseregte van uitgewysde individue of lede van uitgewysde gevaarlike entiteite, tensy die inhoud ander verheerliking, ondersteuning of verteenwoordiging van uitgewysde entiteite of ander beleidoortredings soos uitlokking tot geweld insluit.
Sien asseblief ons korporatiewe menseregtebeleid vir meer inligting oor ons verbintenis tot menseregte wat internasionaal erken word.
Ons verwyder:
Ons verwyder die verheerliking, ondersteuning en verteenwoordiging van verskeie gevaarlike organisasies en individue. Hierdie konsepte is van toepassing op die organisasies self, hulle aktiwiteite en hulle lede. Hierdie konsepte verban nie die vreedsame bevordering van spesifieke politiese uitkomste nie.
Verheerliking, word as enige van die onderstaande omskryf:
- Die regverdiging of verdediging van gewelddadige of haatlike dade van ’n uitgewysde entiteit deur te beweer dat daardie dade moreel, polities, logies of andersins regverdigbaar is wat hulle aanvaarbaar of redelik maak.
- Bv. “Hitler het niks verkeerd gedoen nie.”
- Karakterisering of viering van die geweld of haat van ’n uitgewysde entiteit as ’n prestasie of ’n sukses;
- Bv. “Hizbul Mujahideen wen die oorlog vir ’n vrye en onafhanklike Kashmir”
- ’n Aspirerende verklaring van lidmaatskap of ’n stelling dat jy graag ’n uitgewysde entiteit of die dader van ’n oortredende gewelddadige voorval sou wou wees.
- Bv. “Ek wens ek kan by ISIS aansluit en deel word van Khilafah”
Ons verwyder die verheerliking van Vlak 1- en Vlak 2-entiteite sowel as uitgewysde gebeure.
Vir Vlak 1- en uitgewysde gebeure, kan ons ook onduidelike of kontekslose verwysings verwyder as die gebruiker se bedoeling nie duidelik gemaak word nie. Dit sluit vae humor, verwysings sonder byskrifte of positiewe verwysings in wat nie die uitgewysde entiteit se geweld of haat verheerlik nie.
Ondersteuning, word as enige van die onderstaande omskryf:
- Materiële ondersteuning
- Enige daad wat die finansiële status van ’n uitgewysde entiteit verbeter – insluitende om geld na of van die uitgewysde entiteit oor te dra;
- Bv., “Skenk aan die KKK!”
- Enige daad wat materiële hulp aan ’n uitgewysde entiteit of geleentheid verskaf;
- Bv., “Gebruik hierdie adres as jy sorgpakkies aan die Sinaloa Kartel wil stuur:”
- Werwing namens ’n uitgewysde entiteit of geleentheid;
- Bv., “As jy vir die Kalifaat wil veg, stuur vir my ’n direkte boodskap”
- Ander ondersteuning
- Om inligting of hulpbronne, insluitende amptelike kommunikasie, namens ’n uitgewysde entiteit of geleentheid te stuur
- Bv., om ’n uitgewysde entiteit direk aan te haal sonder ’n byskrif wat dit veroordeel, neutraal bespreek of deel van nuusverslagdoening uitmaak.
- Om ’n oproep tot aksie namens ’n uitgewysde entiteit of geleentheid te doen;
- Bv. “Kontak die Atomwaffena-afdeling – (XXX) XXX-XXXX”
Ons verwyder alle ondersteuning van Vlak 1 en materiële ondersteuning van Vlak 2.
Verteenwoordiging, wat as enige van die onderstaande omskryf word:
- Noem dat jy ’n lid van ’n uitgewysde entiteit, of dat jy ’n uitgewysde entiteit is;
- Bv., “Ek is ‘n grand dragon van die KKK.”
- Om ’n blad, profiel, geleentheid of ander Facebook-entiteit te skep wat voorkom of dit aan ’n uitgewysde entiteit behoort of namens hulle bestuur word, of wat voorkom om ’n uitgewysde geleentheid te wees of wat wel een is.
- Bv., ’n bladsy genaamd “Amerikaanse Naziparty.”
Ons verwyder verteenwoordiging van uitgewysde organisasies en uitgewysde geleenthede op vlak 1 en 2.
Tipes en vlakke van gevaarlike organisasies
Vlak 1: Terrorisme, georganiseerde haat, grootskaalse kriminele aktiwiteit, pogings tot multislagoffergeweld, multislagoffergeweld, reeksmoorde en oortredende gewelddadige gebeure
Ons laat nie individue of organisasies wat by georganiseerde misdaad betrokke is, toe om ’n teenwoordigheid op die platform te hê nie. Dit sluit in dié wat deur die regering van die Verenigde State as Specifically Designated Narcotics Trafficking Kingpins (SDNTK’s), haat- of terreurorganisasies, insluitende entiteite wat deur die regering van die Verenigde State as Foreign Terrorist Organizations (FTO’s) of Specially Designated Global Terrorists (SDGT’s) uitgewys is. Ons laat ook nie ander mense toe om hierdie entiteite te verteenwoordig nie. Ons laat nie leiers of prominente lede van hierdie organisasies toe om ’n teenwoordigheid op die platform te hê nie, om simbole wat hulle verteenwoordig op die platform te gebruik nie, en ons laat nie inhoud wat hulle of hulle dade verheerlik, insluitende vae verwysings na hulle, toe nie. Daarbenewens, verwyder ons enige ondersteuning vir hierdie individue en organisasies.
Ons laat nie inhoud toe wat geleenthede verheerlik, ondersteun of verteenwoordig wat Meta as terreuraanvalle, haatvoorvalle, multislagoffergeweld of pogings tot multislagoffergeweld, reeksmoorde, haatmisdade of oortredende gewelddadige voorvalle uitwys nie. Ons laat ook nie (1) inhoud wat die oortreder(s) van sulke aanvalle verheerlik, ondersteun of verteenwoordig toe nie; (2) inhoud wat deur die oortreder genereer is wat verband hou met sulke aanvalle; of (3) derdepartyprente wat die oomblik van sulke aanvalle op sigbare slagoffers uitbeeld nie.
Ons laat ook nie verheerliking, ondersteuning of verteenwoordiging van uitgewysde ideologieë van haat of vae verwysings daarna toe nie.
Terrorisorganisasies en -individue, omskryf as ’n nieregeringsdader wat:
- Aan doelbewuste en beplande dade van geweld deelneem, dit voorstaan of beduidende ondersteuning daaraan verleen,
- Wat tot die dood, besering of ernstige leed (of pogings daarvan) van burgerlikes of enige ander persoon lei wat nie direk aan die vyandelikhede in gewapendekonfliksituasies deelneem nie, en/of beduidende skade aan eiendom wat gekoppel word aan die dood, ernstige besering of ernstige leed aan burgerlikes.
- Met die bedoeling om ’n burgerlike samelewing, regering of internasionale organisasie te af te pers, te intimideer en/of te beïnvloed
- Om ’n politieke, godsdienstige of ideologiese doelwit te bereik.
Haatentiteit, wat omskryf word as ’n organisasie of individu wat, gegrond op hulle beskermde eienskappe, haat teen ander versprei en aanmoedig. Die entiteit se aktiwiteite word aan ten minste sommige van die volgende gedrag gekenmerk:
- Geweld, dreigende retoriek of gevaarlike vorme van teistering wat mense gegrond op hulle beskermende eienskappe teiken;
- Herhaaldelike haatspraak;
- Verteenwoordiging van ideologieë van haat of ander uitgewysde haatentiteite, en/of
- Verheerliking of ondersteuning van ander uitgewysde haatentiteite of ideologieë van haat.
Kriminele organisasies, wat omskryf word as ’n vereniging van drie of meer mense wat:
- onder ’n naam, kleur(e), handgebaar/handgebare of herkenbare aanwysers verenig is; en
- deelgeneem het aan of dreig deel te neem aan misdadige aktiwiteite soos moord, dwelmsmokkelary of ontvoering.
Multislagoffergeweld en reeksmoorde
- Ons beskou ’n voorval as multislagoffergeweld of ’n poging tot multislagoffergeweld as daar drie of meer ongevalle – omskryf as sterftes of ernstige beserings – in een insident is. Enige individu wat so ’n aanval uitgevoer het, word as die dader wat multislagoffergeweld gepleeg het of probeer pleeg het.
- Ons beskou enige individu wat twee of meer moorde oor veelvuldige insidente of liggings gepleeg het as ’n reeksmoordenaar.
Ideologieë van haat
- Hoewel ons uitwysings van organisasies en individue op gedrag fokus, aanvaar ons ook dat daar sekere ideologieë en oortuigings is wat inherent aan geweld gekoppel is en poog om mense vir oproepe tot geweld te organiseer of ander as gevolg van hulle beskermde eienskappe uit te sluit. In hierdie gevalle, wys ons die ideologie self uit en verwyder inhoud wat hierdie ideologie op ons platform ondersteun. Hierdie ideologieë sluit in:
- Nazisme
- Wit heerskappy
- Wit nasionalisme
- Wit separatisme
- Ons verwyder eksplisiete verheerliking, ondersteuning en verteenwoordiging van hierdie ideologieë, en verwyder individue en organisasies wat hulleself met een of meer van hierdie ideologieë van haat vereenselwig.
Vlak 2: Gewelddadige nieregeringsdaders en entiteite wat geweld veroorsaak
Organisasies en individue wat deur Meta uitgewys is as gewelddadige nieregeringsdaders of entiteite wat geweld veroorsaak, word nie toegelaat om ’n teenwoordigheid op ons platforms te hê nie, of om ’n teenwoordigheid te hê wat namens hulle bestuur word nie. Omdat hierdie entiteite aktief by geweld betrokke is in gewapende konflik (gewelddadige nieregeringsdaders) teen regerings- of militêre daders, of voorberei vir of voorspraak maak vir toestande van toekomstige geweld, of dit skep (entiteite wat geweld veroorsaak), word materiële ondersteuning van hierdie entiteite nie toegelaat nie. Ons sal ook die verheerliking van hierdie entiteite verwyder.
Gewelddadige nieregeringsdaders, word omskryf as enige nieregeringsdader wat:
- Deelneem aan ’n patroon van doelgerigte en beplande dade van hoë-intensiteitgeweld wat die regering, weermag of ander gewapende groepe teiken wat direk deelneem aan vyandelikhede in ’n gewapendekonfliksituasie, en wat nie burgerlikes opsetlik en beslis met hoë-intensiteitgeweld teiken nie; EN/OF
- Gemeenskappe toegang tot kritieke infrastruktuur of natuurlike hulpbronne ontneem; EN/OF
- Deelneem aan ’n patroon van aanvalle wat bedoel is om en beduidende skade aanrig aan infrastruktuur, wat nie met die dood, ernstige besering of ernstige leed aan burgerlikes verband hou nie.
Entiteite wat geweld veroorsaakword as volg omskryf:
’n Gewelveroorsakene entiteit (Algemeen) is ’n nieregeringsrolspeler wat:
- Die gestelde doel of bedoelde funksie het om deur geweld ’n onbevestigde regeringshandhawingsfunksie te bied (soos die polisie, weermag, immigrasie) in plaas van of benewens die regering self, of om deur geweld ’n regeringshandhawingsfunksie omver te gooi;
- Op Meta se platforms betrokke geraak het by ’n groot stap in die rigting van hierdie gestelde doel; en
- Betrokke geraak het by veelvuldige gevalle van dreigemente van hoë-intensiteitgeweld of om dit aan te hits (aanlyn of vanlyn);
’n Verbande haatentiteit is ’n nieregeringsrolspeler wat:
- Aan herhaaldelike haatlike optrede of retoriek deelneem, maar nie vorder tot op die vlak van ’n vlak 1-entiteit nie omdat hulle nie aan geweld deelgeneem het of dit uitdruklik bevorder het nie, of omdat hulle nie onteenseglik met organisasies of figure wat voorheen uitgewys is, verbind kan word nie.
Vir die volgende Gemeenskapstandaarde vereis ons bykomende inligting en/of konteks om daarteen op te tree:
- In sekere gevalle sal ons inhoud toelaat wat andersins die gemeenskapstandaarde oortree wanneer ons bepaal het dat die inhoud satiries is. Inhoud sal slegs toegelaat word indien die oortredende elemente van die inhoud satiries is of toegeskryf word aan iets of iemand anders om hulle te spot of te kritiseer.
Gebruikerservarings
Sien ’n paar voorbeelde van hoe handhawing vir mense op Facebook lyk, soos hoe dit lyk om iets te rapporteer wat jy dink nie op Facebook moet wees nie, om ingelig te word dat jy ons Gemeenskapstandaarde oortree het, en om ’n waarskuwingskerm bo-oor sekere inhoud te sien.
Neem kennis: Ons is voortdurend besig om te verbeter; dus kan wat jy hier sien, ietwat verouderd wees in vergelyking met wat ons tans gebruik.
GEBRUIKERSERVARING
Rapportering
GEBRUIKERSERVARING
Narapporteringskommunikasie
GEBRUIKERSERVARING
Verwyderingservaring
GEBRUIKERSERVARING
Waarskuwingskerms
Data
Bekyk die jongste verslag oor die toepassing van gemeenskapstandaarde
Handhawing
Ons het wêreldwyd dieselfde beleide vir almal op Facebook.
Kontroleringspanne
Ons wêreldwye span van meer as 15 000 kontroleerders werk elke dag om mense op Facebook veilig te hou.
Betrokkenheid van belanghebbendes
Kundiges van buite, akademici, NRO’s en beleidmakers help om die Facebook Gemeenskapstandaarde vas te stel.
Kry hulp met gevaarlike individue en organisasies
Vind uit wat jy kan doen indien jy iets op Facebook sien wat strydig met ons Gemeenskapstandaarde is.
Besoek ons Hulpsentrum