Koördinering van skade en bevordering van misdaad

Beleidsbesonderhede

VERANDERINGELOG
Beleidsrede
In ’n poging om vanlyn leed en nabootsergedrag te voorkom en te ontwrig, verbied ons mense om sekere misdadige of skadelike aktiwiteite te fasiliteer, te reël, te bevorder of te erken wat mense, besighede, eiendom of diere teiken. Ons laat mense toe om oor die wettigheid van misdadige en skadelike aktiwiteite te debatteer of om dit voor te staan, en om die aandag te vestig op skadelike of misdadige aktiwiteit wat hulle gesien of ervaar het, mits hulle nie skade bevorder of koördineer nie.
Ons verwyder:
Leed teenoor mense
  • Onthulling: om die identiteit of liggings te onthul wat verbind word met enigiemand wat na bewering:
    • ’n Lid is van ’n groep wat deur onthulling bedreig kan word; en/of
    • Familie is van en/of ’n romantiese verhouding het met ’n lid/lede van ’n groep met ’n risiko vir onthulling; en/of
    • Professionele handelinge uitgevoer het ter ondersteuning van ’n groep wat deur onthulling bedreig kan word (afgesien van politieke figure)
  • Om die geheime status van wetstoepassers of militêre of sekuriteitspersoneellede te onthul as die konteks die agent se naam, hulle gesig of wapen en enige van die volgende bevat:
    • Die agent se wetstoepassingsorganisasie
    • Die agent se wetstoepassingsbedrywigheid
    • Uitdruklike meldings van hulle geheime status
  • Om vals noodoproepe te koördineer, daarmee te dreig, dit te ondersteun, of skuld daaraan te beken, behalwe in die konteks van bewusmaking of veroordeling, fiktiewe of opgestelde situasies of boetedoening.
  • Om deelname aan ’n blitsverspreidingsuitdaging met hoë risiko uit te beeld, te bevorder, voorspraak daarvoor te doen, of dit aan te moedig, behalwe in die konteks van bewusmaking of veroordeling. Waar beelde in hierdie kontekste gewys word, sluit ons ’n etiket in sodat mense daarvan bewus is dat die inhoud sensitief kan wees.
Leed teenoor diere
  • Om dade van fisiese leed teenoor diere (in geskrewe, visuele of verbale vorm) te koördineer, daarmee te dreig, dit te ondersteun, of skuld daaraan te beken, behalwe in gevalle van:
    • Bewusmaking of veroordeling
    • Boetedoening
    • Oorlewing of verdediging van die persoon self, ’n ander mens of ’n ander dier
    • Fiktiewe of opgestelde situasies, BEHALWE waar dit opgestelde dieregevegte of vals redding van diere uitbeeld
    • Jag of hengel
    • Godsdienstige offer
    • Voedselvoorbereiding of -verwerking
    • Peste of rotte
    • Genadedood
    • Stiervegtery
  • Om opgestelde dieregevegte te koördineer, daarmee te dreig, dit te ondersteun, dit uit te beeld, of skuld daaraan te beken, of om video-uitbeeldings van vals redding van diere te wys, behalwe in die konteks van bewusmaking of veroordeling of boetedoening.
Skade aan eiendom
  • Om vandalisme of diefstal (in geskrewe, visuele of verbale vorm) te koördineer, daarmee te dreig, dit te ondersteun, of skuld daaraan te beken, behalwe in gevalle van
    • Bewusmaking of veroordeling,
    • Boetedoening,
    • Fiktiewe of opgestelde situasies,
    • Erkenning in die konteks van verdediging van die persoon self of ’n ander mens
    • die uitbeelding van vandalisme in proteskonteks,
    • die uitbeelding van graffiti, of
    • positiewe uitsprake oor vandalisme en diefstal wat deur ander gepleeg is.
Kieser- en/of sensusbedrog
  • Aanbiedings om stemme met kontant, geskenke, dienste of ander materiële goedere te koop of te verkoop, behalwe as dit in kontekste van veroordeling, bewusmaking of nuusverslaggewing of humoristiese of satiriese kontekste gedeel word.
  • Voorstaan van onwettig aan stemmery (byvoorbeeld om twee keer te stem of om jou kwalifisering om te stem, te vervals) of die sensusproses deel te neem (byvoorbeeld wanvoorstelling van demografiese inligting oor hoeveel mense in jou huishouding woon) behalwe as dit gedeel word om ’n sterk afkeur te toon, bewustheid te skep, oor die nuus verslag te doen, of in humoristiese of satiriese kontekste gedoen word.
Vir die volgende inhoud sluit ons ’n waarskuwing in sodat mense bewus is dat die inhoud sensitief kan wees:
  • Prente wat ’n blitsverspreidingsuitdaging met hoë risiko wys as dit gedeel word om dit te veroordeel of om bewustheid van die gepaardgaande risiko’s te skep.
Vir die volgende inhoud beperk ons die vermoë om die inhoud te sien tot volwassenes van 18 jaar en ouer:
  • Prente wat gevaarlike maniere uitbeeld om ’n motor te bestuur wat kan lei tot lewensgevaarlike beserings of dood van die bestuurder of ander mense, behalwe as dit gedeel word in ’n fiktiewe of professionele konteks.
Vir die volgende Gemeenskapstandaarde vereis ons bykomende inligting en/of konteks om daarteen op te tree:
Ons verwyder:
  • Onthulling: om die identiteit van ’n persoon te onthul en hulle aan risiko of skade bloot te stel:
    • LGBTQIA+-lede
    • Ongesluierde vroue
    • Nieveroordeelde individue as bedreigers in die konteks van ’n geheime operasie teen seksuele bedreigers
    • Individue wat by regsake betrokke is wanneer die openbare bekendmaking van hul betrokkenheid beperk word
    • Getuies, informante, aktiviste, aangehoudenes of gyselaars
    • Oorlopers, wanneer dit deur ’n geloofwaardige regeringskanaal gerapporteer word
    • Krygsgevangenes, in die konteks van ’n gewapende konflik
  • Prente wat waarskynlik die publiek oor die oorsprong daarvan sal mislei as:
    • Die entiteit wat uitgebeeld word of ’n gemagtigde verteenwoordiger beswaar maak teen die prente, en
    • Die beeldmateriaal die moontlikheid inhou om lede van die publiek skade te berokken.
  • Voornemingsverklaring, oproep tot aksie of aanmoediging om óf:
    • Toegang tot noodsaaklike dienste te verhinder wanneer daar bevestiging of openbaar beskikbare bevestiging is dat noodvoertuie versper word, ÓF
    • ’n Individu of spesifieke groep mense te teiken deur hulle toegang tot noodsaaklike dienste of onbelemmerde deurgang te verhinder op ’n manier wat hulle veiligheid kan bedreig
  • Kieser- of sensusinmenging, insluitende:
    • Oproepe om gekoördineerde inmenging wat ’n individu se vermoë sal beïnvloed om aan 'n amptelike verkiesing of sensus deel te neem.
    • Bewerings dat deelname aan ’n verkiesing of sensus wetstoepassingsgevolge kan of sal inhou (byvoorbeeld inhegtenisneming, uitsetting of gevangenisstraf).
    • Dreigemente om na ’n stemperseel toe te gaan om kiesers of verkiesingsamptenare se aktiwiteite te monitor of dop te hou as dit gekombineer word met ’n verwysing na intimidasie (byvoorbeeld, “Kom ons wys hulle wie’s baas!”, “Soek hulle ’n oorlog? Ons sal vir hulle ’n oorlog gee.”)
    • Dreigemente om na ’n naverkiesingsaktiwiteitsperseel toe te gaan as dit gekombineer word met ’n verwysing na intimidasie (byvoorbeeld, “Kom ons wys hulle wie’s baas!”, “Soek hulle ’n oorlog? Ons sal vir hulle ’n oorlog gee.”)
Gebruikerservarings
Sien ’n paar voorbeelde van hoe handhawing vir mense op Facebook lyk, soos hoe dit lyk om iets te rapporteer wat jy dink nie op Facebook moet wees nie, om ingelig te word dat jy ons Gemeenskapstandaarde oortree het, en om ’n waarskuwingskerm bo-oor sekere inhoud te sien.
Neem kennis: Ons is voortdurend besig om te verbeter; dus kan wat jy hier sien, ietwat verouderd wees in vergelyking met wat ons tans gebruik.
GEBRUIKERSERVARING
Rapportering
GEBRUIKERSERVARING
Nárapporteringskommunikasie
GEBRUIKERSERVARING
Verwyderingservaring
GEBRUIKERSERVARING
Waarskuwingskerms
Handhawing
Ons het wêreldwyd dieselfde beleide vir almal op Facebook.
Kontroleringspanne
Ons wêreldwye span van meer as 15 000 kontroleerders werk elke dag om mense op Facebook veilig te hou.
Betrokkenheid van belanghebbendes
Kundiges van buite, akademici, NRO’s en beleidmakers help om die Facebook Gemeenskapstandaarde vas te stel.
Kry hulp met die koördinering van skade en bevordering van misdaad
Vind uit wat jy kan doen indien jy iets op Facebook sien wat strydig met ons Gemeenskapstandaarde is.
Besoek ons Hulpsentrum